Thursday 9 July 2020

Politieke korrektheid

Ons leef in ʼn tyd waar dit onvanpas is om teen die heersende narratief stelling in te neem. Kritiseer jy ʼn standpunt, persoon, optrede, of saak moet jy waak daarteen dat jy nie van menseregte skendings aangekla word nie. Politieke korrektheid is ʼn doring in die vlees en help nie goeie, opbouende en stimulerende gesprek nie.



So is dit polities onvanpas om soos Hoofregter Mogoeng Mogoeng,  standpunt in te neem met betrekking tot Israel. Daarmee staan ek nie ʼn ongekwalifiseerde goedkeuring en goedpraat van wat deur hulle gedoen en gesê word goed nie. Onreg is onreg en is onaanvaarbaar maak  nie saak waar dit gebeur nie.
Ek weet ook te min van die politieke gesprek om myself daaroor na te laat.

Maar dat Israel binne Christelike konteks ʼn belangrike plek inneem, dat Christene ʼn verbintenis met die wel en wee van daardie deel van die wêreld beleef en dat die Joodse volk  geboorte geskenk het aan die Verlosser van die wêreld staan tog soos ʼn paal bo water.

Baie mense onderneem pelgrimsreise daarheen en besoek plekke waar Jesus opgetree het. Golgota, die oop graf, die Jordaan, asook die see van Galilea is daarvan voorbeelde. Die terrein waar die tempel gestaan het, die klaagmuur in Jerusalem, die via Dolorosa waarvan Jan de Wet sing het alles sentimentele en geestelike  waarde.

Dat God ook met Israel  op pad is en dat Hy begeer dat hulle tot insig sal kom, staan soos ʼn paal bo water.
So roep die Bybel ons op om vir die vrede van Jerusalem te bid.
PSALMS 122:6 AFR53
Bid om die vrede van Jerusalem; mag hulle wat jou liefhet, rustig lewe!

Die feit dat Christene die belange van Israel op die hart dra staan nie teenoor ʼn gerigtheid op die wêreld nie. Immers, Israel se verkiesing was met die oog op die wêreld.

Sag 8: 23             
Die Here wat oor alles regeer, sê: “Mense van die baie ander volke sal vashou aan die klere van die mense van Juda. Tien manne sal vashou aan een man se klere en sê: ‘Ons wil saam met julle gaan, want ons het gehoor God is by julle.’ ”

God het die wêreld so lief gehad dat Hy sy Seun gegee het, sê die Bybel.

Hoofregter Mogoeng het hom onlangs uitgelaat oor die geneigdheid om Israel by te kom en in alle gevalle te kritiseer. Suid Afrika se affiniteit met ander midde oosterse volke is bekend, dit mag egter nie ʼn ongekwalifiseerde afkeur aan Israel tot gevolg hê nie.

Hoofregter Mogoeng het in ʼn onderhoud sy liefde vir nie alleen Israel nie maar eweneens die Palestyne en die res van die wêreld uitgespreek. Sy positiewe verwysing na Israel was egter net te veel vir ʼn bevooroordeelde politieke landskap in Suid Afrika en dit is van verskeie oorde verwag dat hy sy stelling sal terugtrek. Die wat hom ken weet dat die Hoofregter onbeskaamd Christen is en dat hy hom nie laat intimideer nie. Ek haal aan uit wat as sy respons berig word.

No apology

“Speaking at a virtual Africa prayer meeting, Mogoeng said: "Even if 50 million people can march every day for the next 10 years for me to retract or apologise for what I said, I will not do it. I will never say I hate anybody, or any nation. I will never. I love everybody. I love Israel, I love the Jews, I love Palestinians... "

Everybody who is insulting me, everybody who is lying about me, whether Christian or not Christian, I love you and I forgive you. May God have mercy on you. May... reveal the truth to you. 


"So, there will, therefore be no retraction, there is nothing to retract. There will be no apology. Not even this political apology that 'in case I have offended anybody without meaning to offend them for that reason…'. I will not apologise for anything. There is nothing to apologise for, there is nothing to retract.

"So, people, even politicians want to tell me what to pray for? How can you condemn prayer? "I said, 'I must pray', meaning I must ask God. How can you condemn me for even asking God for peace? So, I will not reject my God. I will not apologise for believing in my God. I will not apologise for being a Christian. I will not apologise for prayer. I will not apologise for holding unto the word of God. I will never."

Inderdaad, ons bid nie net vir die vrede van Jerusalem nie maar van die ganse wêreld. Dinge is erg deurmekaar en ons TV skerms vertel die verhaal van ʼn ontnugterde wêreld. Blindheid vir eie foute word verberg deur op ander se foute te konsentreer. Ons wêreld het die vrede van God nodig, die Shalom Jahwe. Mag die kerk ʼn instrument van vrede wees sonder om die Evangelie geweld aan te doen.

`ʼn Aantal weke gelede nog het ons gelees van mense ver van ons af wat as gevolg van Covid-19 verwante siektes gesterf het. Vandag is dit nie ongewoon om in jou sosiale en familie kring met die hartseer van nog ʼn sterfgeval te leef nie. Ons minister van Gesondheid waarsku dat Suid Afrika vinnig beweeg na die gevreesde piek of storm soos dit ook genoem word. Ons neem elke dag kennis van mens wat sterf, van statistieke wat onrusbarend styg, van emosionele en geestelike onrus by Suid Afrikaners.


Mkhize: We have now reached the surge. The storm that we have consistently warned south Africans about is now arriving. As a nation we have every reason to be united in this fight against Covid-19. We dare not be divided. As we continue this battle, we look beyond our differences and ensure that wherever we are, we and those around us, change our behaviour and observe all measures announced to contain the spread of this virus.

Ons troos – die leë kruis wat by elke infeksie, hospitaalbed, graf geplant staan. Dit getuig van die oorwinning van die Seun van God oor elke mag en gesag. Saam met Piet Smit sing ons

Ek sien in my Gees die glorie en die almag van die Heer.
Loof Hom prys Hom Halleluja
Hy is Koning Hy regeer.


Groete

Jannie Pelser
Organiseerder
ToekomsVenster

No comments:

Post a Comment