Thursday 14 May 2020

Steeds ingeperk maar God is ons toevlug: Ps.46

 Na ʼn tydperk van ongeveer drie weke het ons  staatspresident, mnr. Ramaphosa, die nasie gisteraand toegespreek.

Om mee te begin is ʼn mens diep dankbaar vir sy manier van werk mense.  Mnr. Ramaphosa se sagte en simpatieke, ook waarderende aanslag, wek vertroue by ʼn mens. Hy tree soos ʼn staatsman op en ʼn mens besef die enorme verantwoordelikheid wat op sy skouers rus om Suid Afrika na groen weivelde te lei. Voordat ons daar uitkom egter is daar ʼn hele aantal uitdagings wat die hoof gebied moet word. Deel van ons reis gaan deur ʼn woestyn en net wanneer jy dink dat die laaste deining oor is, lê ʼn volgende voor.

Dat Covid-19 ons lewens op meer as een wyse kom ontwrig het, is inderdaad so. Ons besing dikwels die waardevolle lewenslesse wat die Korona virus ons geleer het. Ons het nuwe waardering vir die lewe, veral verhoudings omdat dit nie ten volle uitgeleef kan word vanweë sosiale afstand en die reisverbod nie. Ons het stilte as ʼn kosbare en noodsaaklike element van die lewe ontdek.



Merkwaardige medemenslikheid het na vore getree en mense se innovasie en geloofs-moed, beïndruk ons telkens. Ek het gister gesels met Mark Collin wat ʼn duisend liter sop op ʼn slag   in een van sy bierbrouery se  ketels kook en weekliks ongeveer 5000 mense daarmee voed. Ek het gesels met Johan Pretorius van “Kos vir skole” wat nagenoeg 100000 etes per maand aan afhanklike kinders by verkeie skole bedien. In eie omgewing gee Cradle of Hope meer as 600 mense elke dag iets om te eet. Wonderlike en verbeeldingryke inisiatiewe om mense in hul nood by te staan.

Dan weer is Covid-19 nie ons vriend nie. Bykans 300000 mense wêreldwyd het gesterf. Die aanslag op mense lewens het nie afgeneem nie. Ook in Suid Afrika word met die kennis wat beskikbaar is verwag dat die impak van hierdie virus ons nog nie ten volle getref het nie.

Die wyse waarop hospitaalbeddens en kwarantyn geriewe in gereedheid gebring word, voorspel niks goed nie. Ons hou asems op en bly op ons knieë. God is ons enigste toevlug terwyl ons alles binne ons vermoë moet doen om verdere infeksies te keer. Die maatreëls, veral inperking en sosiale afstand, is moeilik en uitdagend. Soen, groet en omhels, juis dit wat van ons mense maak, is taboe in die woorde van Mnr. Ramaphosa.

Covid-19 het ons lewens ontwrig en doen dit steeds. Covid-19 is ʼn vyand, nie ʼn vriend nie. Covid-19 moet op ons knieë aangetree word en Jesus se oorwinning oor die dood moet luidkeels verklaar word.

Dit staan soos ʼn paal bo water dat mnr. Ramaphosa se aanbieding gisteraand by verre nie aan almal se verwagting voldoen het nie. Die versugting dat fase 4 na fase 3 sal afgradeer is wel aangespreek maar met min aanduiding van wat dit prakties beteken. Daarbenewens is die aanbreek van die lang verwagte fase 3 eers vir die einde van Mei geskeduleer. Ek het volle begrip vir die feit dat die delikate balans tussen mense lewens enersyds en  daadwerklike en broodnodige ekonomiese aktiwiteit andersyds deeglike beplanning vra.
Maar die groeiende onrus onder mense die afgelope paar weke is tasbaar en jy kan die burgers nie onbepaald aan ʼn lyntjie hou nie.

Dan weer het ʼn mens waardering dat mnr. Ramaphosa wel die podium betree het. Dis is tog gerusstellend om hom te sien en te hoor en hy speel ʼn buitegewoon belangrike rol daarin om Suid Afrikaners hoopvol na die toekoms te laat kyk.

Sy sydelinge erkenning dat die wyse waarop die regering met die uitdagings tot op hede gehandel het nie altyd geslaag het nie is betekenisvol. Daarmee verwys hy sekerlik na weersprekende inhoud en onhoudbare en meer dikwels sinlose regulasies wat op militaristiese wyse afgedwing word. Die erkenning van daardie feit en die gerusstelling dat die owerheid die mense hoor en in ag neem, beteken darem iets.

“Above all I pledge once again that your rights are respected and upheld, especially by those who have been entrusted with this responsibilty”.

Op besondere wyse het ons president met twee aanhalings afgesluit. Hy verwys na die woorde van mnr. Nelson Mandela met betrekking tot VIGS en die uitdagings wat dit bied. Mnr. Mandela het soortgelyke woorde uitgespreek tydens die Kodesa onderhandelinge waar Suid Afrika eweneens voor ʼn toets gestaan het. Daar het hy gesê –

“History will judge us extremely harshly if we fail to turn the opportunity, which it now presents us with, to common good. The risks of further pain and affliction arising from violence,homelessness, unemployment and of gutter education, are immense”. 20 December 1991

Dit is steeds sake wat ernstige aandag verdien.
Hy het ook uit die mond van die oud Amerikaanse president (32e Amerikaanse president) aangehaal-

The state of this nation is good.
The heart of this nation is sound.
The spirit of this nation is strong.
The faith of this nation is eternal.

Dan sluit mnr. Ramaphosa op gebruiklike wyse af.
“May God bless South Africa and protect her people”.

Inderdaad.

May God bless South Africa and protect her people.
Ek dink aan die woorde van die bekende lied en die woorde spreek my aan -

I believe above the storm the smallest prayer
Will still be heard
I believe that someone in the great somewhere
Hears every word
Every time I hear a newborn baby cry
Or touch a leaf
Or see the sky
Then I know why
I believe

No comments:

Post a Comment