Monday 16 March 2020

God se Gees beweeg oor grense.

Die Korona virus eis sy tol op verskeie fronte. Die impak op die liggaamlike aspek van menswees is uiteraard ontstellend en hartseer. Nagenoeg 6 mense het reeds gesterf en tienduisend eis geïnfekteer.

In ʼn bykans massa histerie word winkelrakke leeggekoop ten einde onvoorsiene uitdagings sover moontlik die hoof te bied. Wêreldwyd betaal die ekonomie ʼn hoe premie en markte steier onder die druk. Grense sluit, toegangsroetes word gemoniteer, temperature word gemeet, geleenthede word afgestel, ens. In Suid Afrika word byeenkomste van meer as 100 mense afgestel terwyl internasionale reise hier en daarheen nie kan plaasvind nie.

Die verspreiding van die virus is tans die groot kopseer en alles word in die stryd gewerp om dit aan bande te lê.

Die Gees van die Here word nie deur grens en toegangsbeheer gestuit nie. Hy beweeg vrymagtig en het toegang en ingang in die vreemdste plekke. Niks kan sy vrymagtige werking stuit nie.



Dit is daarom ook ons gebed dat die Gees van die Here in hierdie dae mense intens bewus sal maak van sy genesende, bevrydende en bemagtigende krag en inwerking.

Net dalk wil die Here hierdie toedrag van sake gebruik om mense nuut op Hom te rig. Mag dit so wees dat mense wêreldwyd ernstige vrae vra oor die sin van hul bestaan, die kortstondigheid van die lewe en die liefde van God ontdek. Sonder om die situasie te misbruik het ons as kinders van die Here nou die geleentheid om mense bewus te maak van die ewige dimensie van ons bestaan.

Die Bybel se moenie hom ( dit) vrees wat die liggaam kan doodmaak nie maar vrees Hom wat beide liggaam en siel in die hel kan laat verdorwe.

Matt 10:28 28
Moenie bang wees vir dié wat die liggaam doodmaak, maar die siel nie kan doodmaak nie. Nee, vrees Hom eerder wat sowel die liggaam as die siel in die hel kan laat vergaan.
Dit is ʼn harde teks maar steeds die waarheid. Ons bestaan hier op aarde is kortstondig. Daar lê ʼn ewigheid voor.
Come Holy Spirit
Dark is the hour
We need you filling
Your love and your mighty power
Move now among us
Stir as we pray
Come Holy Spirit
Revive your church today.
Groete
Jannie Pelser
Organiseerder
ToekomsVenster


No comments:

Post a Comment