Thursday 5 March 2020

“Dit is nou ook hier”

Met die aankondiging dat die eerste bevestigde geval van die Korona virus (Covid-19) in KwaZulu Natal woon het die waarskuwings knoppie die rooi ingeskiet. Wêreldwyd word groot byeenkomste gekanselleer, markte reageer negatief op die virus, winkelrakke raak leeg, gesigsmaskers en toiletpapier kry nuwe betekenis, grense word bewaak en reisigers gemoniteer, mense word vir twee tot drie weke onder kwarantyn geplaas.

Die vraag of die Here met ons praat is aktueel en nodig. Inderdaad gebruik Hy alle gebeure om ons bewus te maak van ons

- Radikale afhanklikheid en nietigheid

- Die kortstondigheid van die lewe

- Die beperkte vermoëns en kennis wat mense aan die einde van die dag het

- Die noodsaak van volgehoue en gelowige gebed

- Persoonlike verantwoordelikheid, higiëne en selfsorg

- Ons interafhanklikheid van mekaar

- Die onvermoë van ons sekuriteitstelsels om ons te beskerm

- Die kwesbaarheid van die skepping



Ek vind my nie tuis by mense wat beweer dat God ons straf enersyds of dat die natuur die bevolking uitdun nie. Ek vind my wel tuis by mense wat gebeure soos hierdie verantwoordelik interpreteer en pro aktief iets daaraan probeer doen.

Volgens FEBA radio SA kom die volgende getuienis uit China, met name Wuhan waar die epidemie sy ontstaan het.

- “Al is die epidemie stelselmatig besig om in een van die ergste tragedies in die laaste tyd te ontaard, bly ons sterk in hul geloof”

- “Al vind ons onsself in depressiewe en donker tye, kan ons nie toelaat dat ons harte met mismoedigheid, wat soos ʼn virus versprei, gevul word nie. Daarom moet ons sterk in die diens van God staan. Mag die Here aanhou om my te beskerm en my meer en meer soos Christus te vorm,” sê ʼn ander luisteraar van Wuhan.

Ps. 91 het my vanoggend weer bemoedig

Hy wat by die Allerhoogste skuiling vind en die beskerming van die Almagtige geniet, 2 hy sê vir die Here: “U is my toevlug en my veilige vesting, my God op wie ek vertrou.”


Ps. Sal jy nie hierdie daaglikse meditasie by jou vriende aanbeveel deur dit te “share” nie. Sal so dankbaar wees!!


Jannie Pelser

Organiseerder

ToekomsVenster

No comments:

Post a Comment