Thursday 19 March 2020

Dis ʼn nuwe dag

Dis ʼn nuwe dag

Klaagl. 3:21
Maar dít sal ek ter harte neem en om dié rede bly ek hoop: deur die liefde van die Here het ons nie vergaan nie; daar is geen einde aan sy ontferming nie, dit is elke môre nuut. U trou is groot.

ʼn Nuwe dag is ʼn gawe uit die hemel. Dit is ʼn geleentheid vir oor begin, vergeet en agterlaat, verder reis en nuwe verwagtinge koester.

Somtyds maak ek so “droog” gedurende ʼn dag, is die dinge wat gebeur so teleurstellend, vryf die lewe my so verkeerd op, dat ek nie kan wag om te gaan slaap, net sodat ek oor kan begin nie.
My gedagtes is buite beheer, alles word tot hopeloosheid reduseer, die molshoop word ʼn berg en ʼn  beskeie insident die voorspel tot wêreldoorlog.

Mensdom, ʼn mens se gedagtes en verbeelding  kan darem met jou toor, nie waar nie?
Slaap is wonderlike terapie en as jou gemoed eers tot bedaring gekom het ( en dit gebeur nie maklik na ʼn rowwe dag nie) verwerk jou binnekant meer dikwels dinge in hanteerbare komponente.
Die wêreld het toe nie vergaan soos jy gedink het gaan gebeur nie.

Mense is nie almal kwaad vir jou nie, trouens daar is nog baie wat jou belange op die hart dra. Mense is selfs bereid om te vergewe en die pad verder met jou te stap.
Daarbenewens is God se beloftes elke more vars en nuut en van krag. Sy vergiffenis gewaarborg deur die bloed van sy Seun.

Sy Gees het reeds intervensies in en vir jou skoling in plek ten einde jou geloofswandeling suksesvoller te maak.
“Here, vir die nuwe dag.

Die lug is vars en vandag is die hemel poeierblou.
Ek sien kans vir die lewe
Die lewe sien kans vir my
Ek gaan vandag beter doen en die U meer volledig vertrou”.

There's got to be a morning after
If we can hold on through the night
We have a chance to find the sunshine
Let's keep on looking for the light


Ps. Deel gerus met iemand wat n rowwe dag gehad het.


No comments:

Post a Comment