Sunday 3 November 2019

Wees stil en weet


Ek is hierdie week met ʼn stil Retreat weg. Dit beteken dat ek van vandag tot en met Vrydag nie praat nie en breek met my normale roetine. Met ʼn Bybel en joernaal wagtend op die Here.

Daar is soveel vrae in my gemoed wat die toekoms behels. Ek weet dit is waar van die meeste van ons. My verwagting is groot dat die Here pad sal aandui te midde van vele uitdagings.
Ek waardeer jou gebede en omgee gedurende hierdie tyd baie. Mag die Here kragtig onderneem in jou lewe en drome waar maak.

Dalk wil jy saam met my bid oor –
· Die uitdagings vir en van 2020. In my gemoed het ek die oortuiging dat dit ʼn jaar van Hoop moet wees. Iewers het ek profetiese inspraak nodig om dit te bevestig.
· Besluite oor wat bly en wat ry. Seisoene kom en gaan. Watter sake hoort tot die verlede en moet nou afgesluit word? Watter nuwe uitdagings moet in die geloof onderskei word?
· Gebed oor noodsaaklike bronne en ondersteuning waarsonder Toekomsvenster nie kan voortgaan nie. Ons is by ʼn kruispad wat dit betref.
· Talle nuwe geleenthede wat reeds wink. Sonder rugsteun kan Toekomsvenster nie die pad stap nie ongeag hoe dringend die saak mag wees.
· Meer rus en minder stres. Dit is kontra my persoonlikheid. Tog is dit waartoe die Here ons uitnooi.
· Geestelike verdieping en onderskeiding.
· Verskeie ander sake.
· Gelukkig weet die Here wat ek nie weet nie. Trouens, Hy weet mos alles, nie waar nie.
· Beloftes vir die volgende tree.
· Noodsaaklike rus in Hom, ook liggaamlik. Ek is beitjie moeg op hierdie stadium.
· Ons personeel, studente, fasiliteerders, admin, ateljee, media bediening, ens.
· Ons gesin.
· My gesondheid.
· Belangrik die bronne om die 2020 dagboek te publiseer. Ek staan bakhand voor die Here.

Dankie dat jy saamstaan.
Tot volgende week Maandag.
Shalom.
Terloops
Halala, Amabokoboko!

No comments:

Post a Comment