Friday 1 November 2019

Help my asseblief om te help.

Toekomsvenster se passie is om mense in nood by te staan. Daaronder tel Appelpark se kinders en gemeenskap, Werklose jongmense, literatuur ontwikkeling, sosiale media video’s, radio en ander media verantwoordelikhede. Op enige spesifieke dat word mense regoor Suid Afrika en selfs verder met die Evangelie bedien. Wat ʼn voorreg.

Maar bronne is daarvoor nodig.

Twee vlieë met een slag.

Toekomsvenster gee en vra hierdie slag. Ek vertrou dat jy dit ewe passievol sal oorweeg.

Kersfees en die nuwe jaar le om die draai. Almal oorweeg geskenke en wil graag iets met betekenis gee.

Ons stiltetyd dagboek vir 2020 is by die Drukkers. Benewens insette deur myself het nagenoeg 50 ander bekendes help skrywe aan die teks. Onder hulle Johan Els, Wynand Rossouw, Hennie Stander en Craig Rowe.
Ons wil jou graag met so ʼn dagboek bederf, dalk meer as een.

In ruil ʼn bedrag van R250 per boek wat na koste vir gemeenskapswerk aangewend word.
Boeke word einde November versend.

Ek het jou bestelling NOU nodig sodat ons die drukkers kan betaal.

Sien advertensie onder.

Sal jy nie groot, groot asseblief oorweeg en jou bestelling plaas en ʼn elektroniese oordrag doen nie.

Byvoorbaat dankie

Sien nota oor posgeld asb.


No comments:

Post a Comment