Wednesday 27 November 2019

Voluit tot op die einde



Ek lees vanoggend ʼn merkwaardige berig in die oggendkoerant. Oupa is sterwend maar geniet ʼn bier saam met sy seuns, op sy siekbed, ʼn dag voordat hy sterf. Dit was sy versoek.

Baie mag voel dat dit darem nie goeie smaak is nie. Wel, waarom nie?

Dit klink vir my soos iemand wat tot op die einde voluit geleef het. Inderdaad het nie almal die voorreg om steeds by hul volle bewussyn te wees wanneer daardie oomblik aanbreek nie. Geniet die tyd saam met jou geliefdes dus soveel as wat moontlik is. As kuier aan die vooraand van jou vertrek jou beskore is en jy dit nog kan waardeer, wonderlik. Indien nie is daar nie verwyte nie.

Dit laat my wonder.

Wat sou jy nog ʼn slag wou doen voordat jy die teenwoordige met die ewige verwissel?

Sal interessant te hoor wat jy dink!!
Of ons lewe en of ons sterwe, ons behoort aan die Here.
(Rom.14:8)

Ps. Het jy al jou 2020 Dagboek bestel.
0836019094

info@toekomsvenster.co.za


No comments:

Post a Comment