Monday 28 October 2019

Net ʼn vonkie is genoeg























Ek dink aan die liedjie wat lui – it only takes a spark to keep a fire going.

It only takes a spark

To get a fire going

And soon all those around

Can warm up in its glowing

That's how it is with God's love

Once you've experienced it

You spread His love to ev'ryone

You want to pass it on

What a wondrous time is spring

When all the trees are budding

The birds begin to sing

The flowers start their blooming

That's how it is with God's love

Once you've experienced it

You want to sing it's fresh like spring

You want to pass it on

Daar kom tye dat ʼn mens voel dat daar nie eers ʼn vonkie is nie. 
Dit is soos ʼn braaivleisvuur wat jy dink klaar dood is. Jy voel gerus 
dat alles veilig is en dat daar geen brandgevaar is nie. Sonder dat jy 
daarvan bewus is steek die wind op en die stukkies hout en kole wat 
aan die kant begin smeul. Jy is verras wanneer jy later daar kom en sien 
dat ʼn tweede sessie braai kon plaasvind. Die geheim was die wind wat 
daarteen gewaai het.

Jou vlammetjie mag laag brand op hierdie stadium.

Jy mag redeneer dis ʼn futiele oefening en nie die moeite werd nie.

Jou hart mag stukkend wees en jou trane naby.

Jy mag effe teleurgesteld wees in God en redeneer dat jy dit nie verdien 
nie, nie na alles wat jy opgeoffer het nie.

Mag die wind waai.

Selfs die kleinste greintjie hoop kan die nodige vonk verskaf wat jou in ʼn 
nuwe vervullende en opwindende toekoms stuur.

Kom Heilige Gees.

No comments:

Post a Comment