Tuesday, 28 August 2018

Anker jouself in God


Die lewe is soos ʼn pendulum. 

Dit swaai heen en weer en kom selde indien ooit tot rus. Dit gaan of holderstebolder deurmekaar en ontwrig elke deel van jou menswees of jou vreugde ken geen einde nie en jou is seker jy is klaar in die hemel. Ongelukkig hou euforie nie lank nie en is die slegte genoeg om dikwels by jou deur aan te klop. 

Dit is belangrik om nie toe te laat dat enige van die twee ervarings jou menswees dikteer nie. Geniet dit as dit goed gaan en vra eerder wat moet ek leer, waar kan en groei en hoe help dit my om meer en meer soos Jesus te word as die wiele afkom. Oriënteer jou aan die punt in die middel. Dit is vandaar uit dat die pendulum swaai. Ons lewens is onafwendbaar geanker in Hom. Hy is en verteenwoordig die belofte..Ek sal jou nooit begewe en nooit verlaat nie. Hy is Immanuel, God met ons. Hy is in alles betroubaar. Jy spreek die eerste woord en die laaste. Hy is die ja en amen, die begin en die einde.

Miskien is jy onderstebo vandag. Niks maak sin nie. Onthou, Hy is die sin van die lewe. Kom rus by die oriëntasiepunt.

Miskien is die lewe pure fees. Geniet elke oomblik maar moenie jou sekuriteit daar vind nie. Dis kortstondig en momenteel. Dis nie lewe. Dis gebroke en sal stukkend bly totdat Jesus weer kom.


Vrede vir jou.

No comments:

Post a Comment