Tuesday 5 June 2018

New dawn / Nuwe môre

Die term “new dawn/nuwe more” word gereeld in die media gebruik met verwysing na Mnr Ramaphosa se toespraak aan die begin van sy presidensiële termyn. Ek haal aan uit ʼn berig in The Telegraph van 16 Februarie 2018.



President Cyril Ramaphosa of South Africa declared a new era of hope for the country as he used his second day in office to deliver the State of the Nation address, pledging to tackle corruption, unemployment and inequality.

“We should put all the negativity behind us because a new dawn is upon us,” Mr Ramaphosa said, a day after replacing Jacob Zuma, who resigned under a cloud of corruption allegations.

“There is a greater sense of optimism among many of our people. Our people are hopeful about the future, and one sees it as it goes around," he added.

Die term “new dawn”  het verskeie betekenismoontlikhede wat onder andere insluit –

Rebirth;rejuvenation;renewal;resurgence;revitalization;revival;awakening;invigoration;regeneration;renascence;new dawn;reawakening..

Ek wonder watter van die terme beskryf die begrip die beste na jou beoordeling?

Essensieel is die term van toepassing op wat in die lewens van mense moet gebeur in en deur die werking van die Heilige Gees. Ons ken dit as die wedergeboorte en bekering. Strukture is mensgemaakte konstrukte en kan as sodanig nie bekeer nie. Korrupsie gebeur in die lewens van mense wat nie die nuwe dag proefondervindelik en persoonlik beleef het nie. Dit is uiteraard tragies as Christene hulself met die werke van die duisternis besig hou. God se saak word oneindig skade berokken waar mense met ʼn getuienis dat hulle Jesus ken steeds soos ongeredde mense lewe. 

Suid Afrika kan net verander en die nuwe dag waarvan ons almal droom kan net gebeur as daar ʼn kragtige hartsverandering kom. Ons beleef ongeëwenaarde morele verval in ons pragtige land. Die intensiteit van misdaad en geweld die afgelope weke is bejammerenswaardig. Elke individuele Suid Afrikaner wat streef na ʼn nuwe dag moet na binne kyk en vra wat daar aan die gebeur is.

God bewerk die nuwe dag. Hy maak mense nuut. Niemand is van hierdie noodsaaklike proses uitgeskakel nie. “Almal het gesondig en dit ontbreek hulle aan die heerlikheid van God” getuig die Woord. Wie dit nie erken en daarmee nie reken nie is ʼn leuenaar en die waarheid is nie in hom nie. 1 Joh. 1:9

Mag die nuwe dag waarvan Mnr Ramaphosa getuig ʼn werklikheid word deur lewens wat Geesvernuwing as ʼn daaglikse realiteit beleef.

Ek hoor graag van jou.
Liefde in Hom. 

No comments:

Post a Comment