Thursday 17 May 2018



Pinkster vir ʼn stukkende wêreld.

Deel 3 van 7

https://www.facebook.com/ToekomsVenster/videos/1969314049806761/

Die Evangelie op weg na Rome

Jerusalem, Judea, Samaria, die uithoeke van die wêreld. Onstuitbaar die golf van genade wat oor die destyds bekende wêreld spoel. Vir die nuwe Testamentiese Christene was Rome die uithoeke en die vergestalting van die belofte en opdrag. Gaan dan en maak die mense  my dissipels. Onder invloed van Paulus word die grense verder en verder van die tuisbasis getrek. Inderdaad agtervolg die bevooroordeelde Jode hom ongenaakbaar in hul jaloesie en afguns en verenig in hul ywer om hom te vermoor maar die Gees bly altyd een tree voor. Waar die Masedoniese roepstem weerklink gaan Paulus en vestig gemeentes op elke plek. Selfs wanneer hy in die gevangenis sit kring die genade sirkel van God uit. Medewerkers kom by vir wie hy kan stuur en opdrag gee om na die welstand van die gemeentes te verneem. Hy leer en onderrig hulle, somtyds vermaning en teregwysing. Hy waak jaloers oor God se kudde en gee sy lewe te midde van vele persoonlike ontwrigting en swaarkry. Hy word Jood vir die Jode en Griek vir die Grieke. So seën wat onder die wet is vir wie onder die wet is en soos een sonder die wet vir wie sonder die wet is. Hy verkondig die insluitende genade van God in Jesus. Die opdrag aan Abraham om seën te wees vir al die nasies word ʼn werklikheid. Die onaansienlikes word ingesluit. Vooroordeel en mure van skeiding word afgebreek. Jood en Griek, man en vrou, slaaf en vryman skuur skouer aan skouer in God se werk. Dwaalleraars probeer die skape verwar. Paulus se apostelskap word bevraagteken maar hy laat hom nie van stryk bring nie. Gevyl met die Gees, die Pinkster Gees is hy onstuitbaar in belang van die komende Ryk van God. Die Evangelie moet by Rome uitkom. Hy beroep hom op die keiser. Petrus en Lukas is saam met hom in Rome. Hulle verstaan nie dat hierdie die eerste beweging is nie. Voortaan sal die Evangelie soos ʼn vloedgolf oor die aarde heen breek. Die kennis van die heerlikheid van die Here sal die aardbodem oordek soos die waters die see volmaak. Menses al na Jesus stroom maar die tyd is min en die arbeiders ook. Die Vader is ywerig om soveel mense as moontlik met die Gees te doop sodat sy Ryk kan kom.
Hoeveel ywer is daar by jou om die Here in die krag van sy Gees te doen?


No comments:

Post a Comment