Wednesday 16 May 2018


Persoonlike skrywe Ds Jannie Pelser

Prentresultaat vir images ds Jannie Pelser

Liewe medewerker en kollega

Ja, inderdaad. Dit is wie jy binne die Toekomsvenster gesin is.
Dankie dat ons vennootskaplik betrokke kan wees in die saak waarvoor die Here ons geroep het.
Toekomsvenster se werksaamhede berus op drie pilare
             Toekomsvenster media ( TV en Radio waaronder TBN in Africa, Kruiskyk, TBN Mzanzi , Radio Kansel, Kaapse Kansel, Maroela Media, verskeie gemeenskapsradio stasies, sosiale media, ens.)
             Toekomsvenster Publikasies waaronder dissipelskap materiaal in stiltetyddagboek formaat, manne en vroue dagboeke, ander publikasies. Sien www.toekomsvenster.co.za
          
Prentresultaat vir TBN in AfricaPrentresultaat vir images Kruiskyk TVPrentresultaat vir Images Radio Kansel

U gebede en finansiële betrokkenheid maak dit vir ons moontlik.
Die Bederfpakket lewer ook daartoe ʼn noodsaaklike bydrae.

   Toekomsvenster Gemeenskapsprojekte waaronder Appelpark Krugersdorp. Munsieville ens. Jy mag weet van die speelparkie wat ons vir die kinders van Appelpark ingerig het, verdere uitbreidings vind tans plaas. Opleidingsgeleenthede met die oog op werksgeleenthede vir persone uit agtergeblewe gemeenskappe. Ons het tans 9 studente wat in houtwerk en naaldwerkvaardighede opgelei word. Daarbenewens het ons pas 40 gestremde studente naaldwerkvaardighede geleer. Ons is ook besig met die oprigting van ʼn Opleidingsfasiliteit wat honderde studente sal oplei in ʼn verskeidenheid van vakrigtings en geleenthede.


Prentresultaat vir images children playingPrentresultaat vir images students learning woodworkPrentresultaat vir images black youth learning dressmaking and designing


Ware verhaal.


Ons is betrokke by ʼn plaaslike hoërskool (Townsview) in Krugersdorp. Die hoof, me O Brien vertel dat die hokkiespan vyf paar hokkie skoene onder mekaar deel. Halftyd word skoene omgeruil en kry die ander deel van die span geleentheid om met tekkies te speel. Dis hierdie tipe situasies waarvan ons nie kan wegstap nie. Hoe kan ons? Kinders het nie gevra om deel van armoede en desperaatheid te wees nie. U help ons om sulke situasies aan te spreek. Dankie. 
Net weer

Teen R149 per maand ontvang u elke maand ʼn geestelike “produk” tw. Dagboeke en ander geestelike boeke, DVD, Christelike tydskrifte, Gospel CD`s ens. Boonop ʼn spesiale geskenk in u verjaardag maand. U bydrae word onder andere aangewend om bostaande op dreef te hou.
Toekomsvenster se app. op Google play of app. store is ʼn eenstop geestelike tuiste. Daaglikse meditasies, opnames ens. Gratis laai net af.
Verwys u vriende na Toekomsvenster en vertel van die werk wat gedoen word. Ons sal dit waardeer.
Sien www.toekomsvenster.co.za en raak betrokke by ʼn geestelike toerusting program.

           Prentresultaat vir images toekomsvenster

Onthou

TBN in Africa Saterdae 1400
Kruiskyk Woensdae 1830 en Sondae 1200
Radio Kansel Sondae 1300
Kaapse Kansel Donderdae 0730
Maroela media.co.za/toekomsvenster

Groot waardering vir jou
Jannie Pelser en span.
Ps. 34


Jannie Pelser
Rant en Dal Gemeenskapkerk


No comments:

Post a Comment