Wednesday 16 May 2018


Pinkster vir ʼn stukkende wêreld. (Dag 2 van 7)
https://www.facebook.com/ToekomsVenster/videos/1967553576649475/ 

Die bemagtiging wat die Gees gebring het.

Prentresultaat vir images pentecost

Dit is opmerklik dat die dissipels op die dag dat die vroue die graf besoek iewers wegkruip. Die gebeure van die afgelope dae het hulle totaal en al ontsenu./ Die belofte van die opstanding is ver verwyder van hul desperate alleenheid. Wat nou leef in elkeen se hart. Petrus moedig die dissipels selfs aan om terug te keer na die viswaters waar die Here hulle aanvanklik gaan haal het.

Die vroue nader die graf met dieselfde verwagting. Die liggaam moet na behore versorg word. Daar was nie genoeg geleentheid voor aan die aanbreek van die Sabbat nie. Die vroue vind niemand in die graf nie want die Seun van die mens is deur ʼn magsdaad van die Vader uit die greep van die dood verlos. Nooit weer sal gelowiges dieselfde dink oor die dood en die houvas en vrees wat dit by mense teweeg gebring het nie.

By verskeie geleenthede verskyn Jesus aan sy dissipels en gee hulle opdragte wat verband hou met die Koninkryk. Hy gee opdrag dat mense van alle tye kulture geslagte en kontekste by die komende Ryke ingeskakel moet word deur die kragtige aankondiging van die Heil. Die opdrag word toegevou in die waarheid dat alle mag aan Hom behoort en dat Hy by sy dissipels is tot aan die voleinding van die wêreld. Dan kry hulle opdrag om te wag vir die koms van die Heilige Gees. Die taak en saak van die Koninkryk kan nie in eie krag gedien word nie. Dis ver bo mense vermoë verhewe. Wat nodig is is bo natuurlike bemagtiging en bekragtiging. Daarvoor sal die Gees sorg. Jesus het reeds uitvoerig met sy dissipels gepraat oor die bediening van die Heilige Gees. Johannes het gesê Jesus doop met die Heilige Gees en vuur. Daar is ʼn tersaaklike verband tussen die Gees en vuur. Dit vernietig wêreldse modelle en strukture en dit energeer God se mense. Die gloed van die Gees is onweerstaanbaar.

Een honderd en twintig is op die dag van Pinkster vergader, eendragtig in gebed. Ek wonder of die kerk ooit weer eendragtig was na daardie geleentheid. Vyandskap en vooroordeel selfs in kerklike geledere kenmerk die kerk van Jesus op aarde. Johannes 17 en die hoëpriesterlike gebed is soms ver verwyder van die manier waarop ons kerk is en wees in hierdie wêreld. Jesus se sy geloofwaardigheid is in gedrang. Menses al glo as die kerk een is.

Skielik is daar die geluid van ʼn geweldige rukwind. Tonge van vuur kom tuis op die vergaderde gemeente se hoofde. Lofuitinge volg in tale wat aan die mense wat dit gebruik onbekend is. Die feesgangers in die stad is verras en aangeryp. Hulle hoor hoedat tot onlangs toe sku dissipels van Jesus waaronder Petrus wat eintlik namens die dissipels groep gesê het Ek ken hom nie met vrymoedigheid van die opgestane Christus getuig. Die lug is swanger met die teenwoordigheid van die Heilige Gees. Die menigte word meegevoer in ʼn crescendo van lof en aanbidding. Hulle hoor in eie taal dat Jesus die redder is. So onweerstaanbaar kom die Woord dat hulle uitroep wat moet ons doen om gered te word. Johannes se doop kry inhoud. Die Redder is hier, die Redder is hier. Duisende word gered, nog duisende in die dae wat volg. Die wêreld soos ons dit ken het weer Pinkster nodig . Ons moet uit die skuilings van ons hoë mure en gewaande veiligheid kom  en die wêreld vreesloos vertel dat die Verlosser leef. Is jy daartoe bereid?

Doen nou navraag oor ds Elsa Meyer se stiltetydhandleiding oor die Heilige Gees
www.toekomsvenster.co.za
011 6652017 Drienie


No comments:

Post a Comment