Tuesday 3 April 2018

Te veel van ʼn goeie ding

Ek lees in een van hierdie alles en nog wat winkeltjies ʼn bordjie wat sê “te veel van ʼn goeie ding is fantasties”.
Dit klink baie anders as die gedurige waarskuwings waarmee ons grootgeword het, nie waar nie? Met goeie bedoelinge maar met meer dikwels slegte gevolge is ons deur ons voorgesê. Iets van ʼn gedurige tik oor die vingers was die standaard manier van opvoed. 

“Van lekker lag kom lekker...huil”. 
Waarom? 
Wie het dit besluit? 
Dis van alle waarheid ontbloot. 
“Net nie te grootkop kry nie!
Ai tog, die lewe is so ongevoelig en ongenaakbaar dat die bietjie erkenning wat jy af en toe kry ook van jou gestroop word.



Ek het groot geword met die gedagte dat jy so belangrik is soos die “gat” wat in ʼn emmer water agterbly nadat jy jou vuis daaruit getrek het.
Ek dink dat vanuit die nuwe Testament, roeping en gawes gedink die “gat” stellig bly. Dis van daardie “gat” dat jy eendag rekenskap sal moet gee. (2 Kor. 3)
In die selfde asem kan genoem word “te veel van ʼn goeie ding is nie goed nie ?
Waarom nie “fantasties” nie? 
God hét goeie bedoelinge met ons. 
Bg. waarskuwings staan in dieselfde gedagtegang dat God altyd gereed staan om jou oor die vingers te tik as jy die lewe “te veel” geniet.

“Terug in jou boksie”, sê my ander helfte altyd, jy waag dit nie buite nie.
Jy moet inpas by die strukture en beskrywings wat ander mense vir jou uitgedink het.
Sosiale konstrukte van wat algemeen aanvaarbaar is. 
Net nie die status quo ontstel nie. 
Watwou en waarom nie? 

Nee wat, dis tyd dat ons met veel meer verwagting begin leef.
Ons Pa wil ons bederf met merkwaardige goeie gawes. 
Watter Vader is daar wat vir sy kinders ʼn klip sal gee as hulle brood vra?
“Vra en vir julle sal gegee word. Lewe en oorvloed”. 
Verwag God se oorvloed in jou lewe en alle terreine daarvan.

Hy is ʼn goeie Vader. 

No comments:

Post a Comment