Saturday 31 March 2018

Sewende kruiswoord


Vader in U hande gee ek my gees oorLuk.23:46


Vandag is Vrydag, goeie Vrydag.
Ons herdenk met sombere blydskap die volmaakte offer wat die Seun van die mens aan die kruis van Golgotha gebring het.
ń Volmaakte offer, kompleet, niks skort nie, vir altyd en vir almal wat dit sal aanvaar en toe eien.
Vir ń oomblik is Jesus selfs van sy Vader verlate. Onbegryplik.
Dit moes soos ń ewigheid gevoel het. 

Hy wat van die begin af daar was, deur Wie alles tot stand gekom het, self God, is alleen. Daar is nie hoër graad van alleenheid as Godverlatenheid nie.
Net een mens het dit beleef, die mens Jesus Chrsitus. Niemand voor en niemand na Hom kan daarvan getuig nie. 

Dit mag die ervaring wees, maar dis nie die werklikheid nie.
Nou lê die alleenheid, verlatenheid, agter Hom. Hy moes daardeur en is daardeur sodat niemand anders ooit daardeur hoef te gaan nie.
Nou  bevestig Hy sy onwrikbare geloof en vertroue in die Vader.
Die offer is gebring, die prys is betaal, die rekening is vereffen, die versoening bewerk, die dood vernietig, slawerny vir altyd beeindig, die hel getroef, die duiwel onklee en kragteloos gestel, volledig, volkome, volmaak. 

Soos Hy sy heerlikheid verlaat het om mense se verlatenheid en eensaamheid  te betree gaan Hy nou terug na sy Vader.
Mission accomplished. A new day has dawned. 

No comments:

Post a Comment