Thursday 12 April 2018

Geestelik impotensie

Ek is vir maande reeds op ʼn vrugte dieet. Soggens verpulp ek papaja, piesang, appels en pynappels en drink glase daarvan op. Dit het my lewens gehalte aansienlik verbeter.
Vanoggend gaan ek weer deur die ritueel. Dis moeite om alles te skil en te verwerk. Ek doen dit met vreugde maar die papaja maak my lam. Die pitjies is bitter en moet uitgekrap word. Smaak my daar is duisende daarvan. Daar bly altoos iets agter. Heimlik wens ek dat iemand papajas wil groei wat nie pitte het nie. Saadlose papajas. ( Daar is waarskynlik?)

Is dit nie wat die wêreld en die bose  met ons wil doen nie?
Geestelike impotensie. 

Sonder saad is daar nie ʼn nageslag nie. Ons getuienis is die saad wat gesaai word. Die Bybel leer ons dat ons oorvloedig moet saai soos die Groot Landbouer doen. Hy saai al weet Hy dat baie van die saad waarskynlik nie wasdom gaan bereik nie. Almal kry ʼn beurt. Niemand word oorgeslaan nie. Waar mense verlore gaan kan hulle die Landbouer nie verwyt nie. Hy het oral gesaai. Wat die grond met die saad doen is ʼn ander storie.

Saadlose mense plant nie voort nie. Hulle leef onvrugbaar en versaak hul roeping.

Jesus sê maak dissipels van alle nasies. 
Hy is met ons. 
Moenie dat populêre mening, groepsdruk, gewildheid, wêreldse sukses, eiebelang jou saad steel nie.
Saai dit vandag deur jou lewe en optrede. 
Saai dit rojaal en orals waar jy kom. 

Verskeie  van Toekomsvenster se  stiltetyddagboeke deel met hierdie tema -
God stuur ons -  Willem Jordaan
Grondvlak Christene - Jaco Strydom ea. 
Laat U Koninkryk kom- Colin Smith
Volg my – Deon Loots 


Bestel vandag by Drienie 011 6652017  of aanlyn by www.toekomsvenster.co.za

No comments:

Post a Comment