Saturday 31 March 2018

Sesde kruiswoord


Dit is volbringJoh.19:30


Die sesde kruiswoord bring ons by die oorwinning oor sonde en dood. Dit wat Jesus onderneem het om te doen is afgehandel. Hy het die lydingsbeker geledig en die volle prys betaal vir ons oortredinge.
Ek het ń vriend wat altyd sê : die kruis ís ń sukses. Jy kan níks daarby voeg nie.

Dit is opmerklik dat sommige mense, ook gelowiges, ongemaklik is met die eenvoud van die kruis.
Kan dit wees dat ons volle verlossing deur Jesus se plaasvervangende dood en bevestig deur die opstanding, gewaarborg word?

Dis moeilik om genade onvoorwaardelik te aanvaar. 



Daar móét iets wees wat ek kan, of moet bydra.
Erediensbywoning, dade van barmhartigheid, my offergawe?

Kan dit so ongekompliseerd wees, net glo en alles is reg?

Inderdaad moet die verlossing op so ń wyse geintegreer word  dat dit duidelik is dat jou lewe nuwe koers kies. Alles het nuut geword, sê die Bybel, die ou dinge het verbygegaan, die nuwe het gekom. 2Kor.5:17

Bekeringservarings verskil, maar die feit daarvan staan vas.
Bekering beteken om te glo, aanvaar en te lewe vanuit die wete dat Jesus klaar betaal het.

Tetelestai is ń rekeningkundige term. Die skuld is vereffen, ten volle en vir altyd, doodgewoon omdat God liefde is.

Ek is bekommerd dat sommige mense dit nie as genoegsaam beleef as ń mens sien hoedat hulle teruggryp na ou Testament praktyke wat met ń "voor Jesus"  manier van doen ooreenstem, voorskrifte en wette begin navolg en predik.
Wat verstaan ons nie van "dit is volbring nie"?

Ander boer in die voorgeslagte en grou daar totdat hulle iets kry om oor boete te doen.

Jesus het óf betaal, óf nie, daar is nie ń middeweg nie.

Moenie die offer wat Hy gebring het, beledig nie.
Die Bybel sê die prys is betaal.
Leef daaruit!!

No comments:

Post a Comment