Wednesday 12 August 2020

Vertrou die Pottebakker


Jer. 18:1-6

 

Die woord van die Here het tot Jeremia gekom:

 

3             Ek is toe af na die pottebakker se huis toe, en hy was juis besig om iets op die skyf te maak.

4             Maar die ding wat hy aan die maak was uit die klei, het misluk, en hy het toe iets anders gemaak soos hy dit wou hê.

5             Toe kom die woord van die Here tot my:

6             Kan Ek nie met julle doen wat hierdie pottebakker met die klei gedoen het nie, Israel? vra die Here. Soos klei in die pottebakker se hand, so is julle in my hand, Israel.

 

“Doen slegs U wil Heer U wil met my

U die Pottebakker en ek is die klei

Vorm my en maak my net soos U wil

Op U bly wag ek nederig en stil”.

 

So bekend, hierdie Halleluja lied. Ek het daarmee groot geword.

Dit herinner my aan die Pinksterbidure. `ʼn Ouderling staan voor en nadat hy ʼn paar liedere “opgegee” het vra hy vir voorstelle. Klokslag kom dit, lied 444 “Wat ʼn vriend het ons in Jesus”,  Ek weet verseker , As die lewenstrome woedend om jou slaan” en “Doen slegs U wil Heer, U wil met my”.

Die tyd het verander, die manier waarop lof en aanbidding in gemeentes fasiliteer word ook anders in baie gemeentes, die Halleluja word nie meer so geredelik gesing nie maar nuwe liedere getuig van dieselfde waarheid.

Jeremia ontvangs ʼn aanskouingsles by die Here. Hy word na die huis van die pottebakker geneem en sien hoe die met die klei werk. Die pottebakker weet vooraf wat hy daarmee wil maak. Ek dink nie hy speel met die klei en kyk wat na vore tree nie, daar is ʼn plan.

Sy hande vou rondom die klei en sny dit wat nie nodig is nie behendig af. Gestadig begin die klei vorm aanneem.

Dis ʼn aangrypende ervaring om so ʼn pottebakker vernuftig te sien werk.

Somtyds wil die klei nie lekker saamwerk nie. Wat na vore tree voldoen nie aan die verwagting van die pottebakker nie. Dan word die klei weer op die pottebakker se tafel inmekaar geknie en die proses begin van vooraf.

Die Pottebakker is uiteraard God in hierdie ervaring. Die profeet voel dat God nie regverdig en liefdevol optree nie. Trouens, in die voorafgaande hoofstuk het hy sy ongelukkigheid met God sommer baie duidelik gemaak.

“Mens kan nie op U vertrou nie” het Jeremia vir God gesê.

God is so groot dat Hy ons toelaat om sy plan met ons lewens somtyds in twyfel te trek. In hierdie geval egter het Hy van Jeremia verwag om sy woorde terug te trek.

Dan volg die aanskouingsles waarvan ons in die teks lees.

Is jy so oorgegee dat die Pottebakker maar na goeddunke kan werk?

Hy weet nie beste.

No comments:

Post a Comment