Friday 24 July 2020

Jesus kom weer, daar is werk om te doen.

5 Verses on Hope Found in Jesus Christ - The Billy Graham Library BlogJesus 
Matt 24:36-44

“Maar niemand weet wanneer daardie dag en uur kom nie, nie die engele in die hemel nie en ook nie die Seun nie. Net die Vader weet dit.
37           Soos dit in die dae van Noag was, sal dit ook wees by die koms van die Seun van die mens.
38           In daardie dae voor die sondvloed het hulle soos gewoonlik geëet en gedrink en getrou tot op die dag dat Noag in die ark ingegaan het.
39           Hulle het nie besef wat aan die gang was nie, totdat die sondvloed gekom en hulle almal weggesleur het. Net so sal dit gaan by die koms van die Seun van die mens.
42           Bly dus waaksaam, omdat julle nie weet watter dag julle Here kom nie.
44           Om dieselfde rede moet julle ook altyd gereed wees, want die Seun van die mens kom op 'n uur dat julle dit nie verwag nie.”

Lewende debat word gevoer oor hoe en mens die gebeure rondom Covid 19 moet interpreteer. Waarom en waartoe word die ganse aarde aan hierdie lyding en onsekerheid onderwerp. Wat is God se bedoeling daarmee en hoe kan ons dit raak hoor.
Sommige neem kortpad na die sonde. Die wêreld is losbandig en onverskillig en gee nie aandag aan God se gebod nie. Baie aarsel nie om die veronderstelde sondes by die naam te noem nie. Aborsie en selfdegeslag verbintenisse is gewoonlik eerste in die ry.
Natuurlik is die mens wat ander op hul sondes wys onskuldig.
Somtyds is dit die kerk wat in die visier kom. Die kerk het sekulêr geword, bedryf politiek eerder as teologie, die leraars het die pad byster geraak. Geld het die kerk se hoofdoel geword, ag soveel mense soveel idees van wat verkeerd is met die kerk.
Weereens ontbreek die perspektief dat die kerk ʼn eenheid vorm en dat die sonde van die een die ander eweneens impliseer. In stede van vingers van beskuldiging wys moet ons eerder in die gees van Daniel solidêr bely dat ons lou, onbetroubaar en ongeloofwaardig ens geraak het, dit is nou as sonde die oorsaak is van ons teenswoordige swaarkry.
So is daar ander modelle wat verklaring probeer bied waarvan die wederkoms een is. Christus is wederkoms is voor die deur en ons moet ons gereed maak.
Dat ons altyd met die verwagting van die wederkoms moet lewe is uiteraard so. Die Bybel sê selfs dat ons ons moet beywer vir die wederkoms.
Saam met die laaste verse van Openbaring sug ons dat die nuwe dag sal aanbreek.
Die aarde sug en kla, so ook elke ware gelowige dat God se nuwe orde in volheid sal deurbreek. Die datum, tyd en omstandighede van sy verskyning is egter God se saak.
Ons kan daaraan nie verander nie, kan die datum nie vooruitken nie en moet ook nie daaragter wegkruip as verskoning om te doen wat die Here ons roep om te doen nie.

No comments:

Post a Comment