Thursday 26 March 2020

The Battle Belongs To The Lord

Ons leef te midde van  ʼn baie unieke, uitdagende en selfs frustrerende maar noodsaaklike konteks. Daar kan geen twyfel wees dat die 21 dae van afsondering wat vanaf middernag geld besondere eise gaan stel aan alle sektore van ons samelewing nie. Die rasionaal is bekend en geregverdig. Suid Afrika met die groot hoeveelheid mense wat in terme van hul weerstand teen hierdie virus gekompromitteer is, is ʼn spreekwoordelike bom wat wag om te ontplof. Tensy elke Suid Afrikaner nou sy volle samewerking gee kan dit noodlottige gevolge hê vir tien duisende mense in ons land.

Hierdie is nie ʼn tyd vir heldhaftige optrede, uitdagende gedrag en selfsug nie. Ons leef in die skadu van die dood. Die feit dat mense in groot getalle na vakansie bestemmings vertrek is ʼn bron van kommer. Duisende mense wat op weg is na ander provinsies om by familie te wees kompromitteer die veiligheid van mense oral. Mens het begrip dat families graag bymekaar wil wees in so ʼn tyd maar daar is ongerief aan alle kante. Dit is die offer wat nou gebring moet word.

Ek is ietwat bekommerd dat sommige mense (amptenare)  skielik met verantwoordelikhede opgesaal word waarvoor hulle nie die nodige vaardighede het nie. Onmenslike en onwyse optrede kan ʼn kruitvat word en alles moet in die stryd gewerp word om mekaar te verdra en te respekteer. Onder die beste van omstandighede is mense nie gewoond daaraan dat hul bewegingsvryheid in die mate wat nou gebeur ingeperk word nie. Ons sal daaroor ernstig moet bid en vir mekaar moet intree.



Tot op hede het ʼn mens groot waardering vir die wyse waarop die owerheid optree. In die meeste gevalle getuig dit van erns en dat die belang  van alle Suid Afrikaners op die hart gedra word. Ons staatspresident met name beïndruk.

Ons vertrou dat die inperking die gewenste uitwerking sal hê en dat ons binnekort weer met ons gewone werksaamhede sal kan voortgaan.

Intussen bied die drie weke aan elke ingeperkte die geleentheid om tot verhaal te kom. Selfs drie maande die nuwe jaar in is baie mense reeds doodmoeg. Die lewe vra baie van mense en daar is nie altyd geleentheid om tot rus te kom nie. Die tyd van afsondering bied aan elkeen die geleentheid om te besin oor wat regtig van belang is. Ons spandeer soveel tyd en energie, ook bronne aan dinge wat regtig nie so belangrik is nie. Ons het mekaar nou nodig, ook vorentoe. Mag ons leer wat ons moet leer en as beter toegeruste en volwasse persone aan die lewe deelneem.
Die laaste vers maak skielik baie sin –Hiervan is ek oortuig, sê Paulus : geen dood of lewe of engele of magte of teenswoordige of toekomstige dinge of kragte 39 of hoogte of diepte of enigiets anders in die skepping kan ons van die liefde van God skei nie, die liefde wat daar is in Christus Jesus ons Here.

Mag ons oë gevestig wees en bly op Jesus, die Begin en die Voleinder van die geloof.


The Battle Belongs To The Lord
Maranatha! Music

In heavenly armour we'll enter the land
The battle belongs to the Lord
No weapon that's fashioned against us shall stand
The battle belongs to the Lord

The power of darkness comes in like a flood
The battle belongs to the Lord
He's raised up a standard, the power of His blood
The battle belongs to the Lord


Groete

Jannie Pelser
Organiseerder
ToekomsVenster

No comments:

Post a Comment