Gisteraand was die weer baie swaar hier by ons. Dit het gepaard gegaan met heerlike reën waarvoor ons diep dankbaar is. Vanoggend ruik alles nuut en skoon en ek verbeel my dat die gras reeds groener is.
Die dreuning van weer laat my aan die stem van die Here dink.
Die Here het dit uit die hemel laat dreun, die Allerhoogste het sy stem laat hoor in hael en weerligstrale
Ons het vroeër jare in ń pragtige dubbelverdieping huis gewoon. Die hoofslaapkamer het ń balkon en ons kon ver uitkyk na die berge op die horison.
Wanneer dit onweer was het ons na die blitse gekyk terwyl dit op die bergtoppe rondspring. As dit gepaard gegaan het met dreuning en harde geluid het iets binne my reageer met "Do it again Lord, do it again". So asof God besig is om te spog met sy almag.
God is oneindig groot en niemand se speelmaat nie. Die dreuning van die weer is niks in vergelyking met sy almag nie.
Openbaring sê dat sy stem soos die gedruis van baie waters is.
Sy voete was soos geelkoper wat in 'n smeltoond gloei, en sy stem soos die gedruis van 'n groot watermassa
Tog is hierdie magtige God vol deernis en barmhartigheid. Hy sorg vir klein en groot. Hy luister met empatie en liefde na ons gebede. Hy wys niemand weg nie. Hy is naby die gebrokenes.
As ek gaan lê, slaap ek goed; ek word ook weer wakker, want die Here sorg vir my.
Die begin van alle wysheid is die vrees van die Here lees ons in die ou Vertaling. Nie vrees soos bang nie maar enorme respek.
PSALM 111:10 10
Wysheid begin met die dien van die Here; almal wat dit doen, het ware insig. Die roem van die Here hou altyd stand.
Tog nooi Hy ons nader tot in sy heilige teenwoordigheid. Sy oë soos vuurvlamme is ook sag en uitnodigend.
What a mighty God we serve.
Jannie Pelser
No comments:
Post a Comment