Tuesday, 7 August 2018

Onthou mamma, hy is sy eie mens

Jes.43:1 
Luister, so sê die Here wat jou geskep het, Jakob, wat jou gevorm het, Israel: Moenie bang wees nie, Ek verlos jou, Ek het jou op jou naam geroep, jy is Myne.

Vroutjie is ʼn kleuterskoolhoof. Ons is albei baie lief vir kinders en kan ons verlekker in die sêgoed en uniekheid van elkeen se menswees.



Uiteraard is die outjies op kleuterskool sommer onlangs nog van die bottel af. Ander suig steeds heelhartig daaraan. Ek weet ouers se harte breek as hul kinders sommer vroeg vroeg by die kleuterskool besorg moet word. Die lewe is taai en duur. Dis nie altyd maklik nie. Dan troos dit om te weet jou outjie is in ʼn simpatieke omgewing tuis.

Sy vertel hoe kindertjies van skaars twee jaar oud ʼn klas heeltemal onderstebo kan keer.

Eerder dat dit ʼn mens ontstel word jy eerder beïndruk met die uniekheid van elkeen se menswees, selfs so jonk as twee jaar oud. Wie van ons ken nie dan die “tantrums” wat ons jong vriende kan gooi as hulle nie hul sin kry nie. Hulle weier botweg om gehoor te gee en staan hul man teen selfs die gedugste teenstander. Ja, hulle mag natuurlik nie daarmee wegkom nie maar net so ʼn oomblik in verwondering staan voor die individualiteit wat hier ten toon gestel word kan nie skade doen nie.

Ouers en onderwysers het ʼn verantwoordelikheid om kinders vir die lewe voor te berei. Paulus waarsku egter dat ons nie in die proses hul moed moet breek nie. Dis ʼn delikate balans.

Kol.3:21 
Vaders, moenie gedurig by julle kinders fout soek dat hulle moedeloos word nie.

Immers, julle hét mos belowe.

Die Doopformulier stel dit so.

Beloof u om hierdie kind, van wie u vader en moeder (of voog) is, in dié leer na dié beste van u vermoë te onderrig en te laat onderrig?

Here help.

No comments:

Post a Comment