Tuesday, 14 August 2018

Al die veld is vrolik



Vroegoggend stap ek uit om my koerant van die oprit te gaan optel. Dis nog donker buite maar die voëltjies is hul vrolike self. Daar is nog nie sprake van lig wat deurbreek nie maar hulle antisipeer die nuwe dag met dankbare opgewondenheid
Dat hulle met positiewe verwagting gevul is kan nie betwyfel word nie.

Ek wonder stellig wat hulle sing. As ek moet raai is dit 

O Heer my God
as ek in eerbied wonder
en al u werke elke dag aanskou
die son en maan, die aarde, sterre wolke
hoe u dit elke dag so onderhou
dan moet ek juig my Redder en my God
hoe groot is u
hoe groot is u
want deur die hele skepping klink dit saam
hoe heerlik Heer u grote naam

Ek word gewoonlik anders wakker. My eerste gewaarwording is dat die nag te kort was, dat my bene steeds lam is en dat die dag se stres reeds voelbaar teenwoordig is. Die dag is uitdagend en daar is baie om gedoen te word. Soveel daarvan is uitdagings waarvoor ek nie die krag het nie. Ek sing nie maar ek klae. 

Die voëltjies beskaam my. 
God is in beheer. 
Hy het ʼn wonderlike plan vir vandag. 
Sy Gees is reeds daar waar ek nog moet kom.

Cheer up!
It`s a wonderful world!

This IS The day that the Lord has made
I will rejoice and be glad in it.

It`s gonne me a great day today.

No comments:

Post a Comment