Thursday 7 June 2018


Is jy
The Great in the Great Commission?

Ek het pas die biografie van die wêreldbekende evangelis, Reinhard Bonnke ontvang. Soos gewoonlik word aanbevelings geskryf op die omslag deur gesaghebbende persone wat die boek aanbeveel. Een van die aanbevelings lees “Reinhard Bonnke truly exemplifies the Great in the Great Commission”. Ek weet dat die bedoeling nie helde verering is nie maar iets anders wil oordra. Bonnke is bekend vir sy getuienis en visie “and Africa will be saved”
Ons het hier met ʼn man te doen wat so in beslag geneem is deur die “groot opdrag, Matt 28:19) enersyds en die massas onbekeerdes andersyds dat hy geen moeite ontsien om sy roeping uit te voer nie. Jy sal seker al gehoor het van die saamtrekke in verskeie lande van die wêreld waar honderde duisende mense vir ʼn byeenkoms opdaag en waar wondergenesings aan die orde van die dag is. Sover ek weet het hy nou afgetree en gaan die jeugdige Daniel Kolenda voort met die werk en visie.
Die vraag wat by my opkom is hoe begeesterd ons regtig is wanneer dit by die redding van mense kom? Is dit belangrik genoeg dat ons moeite sal doen om daardie persoon terwille van sy ewige heil en verlossing te leer ken en indien moontlik vanuit ʼn vertrouensverhouding Jesus met hom te deel?
Wat van die mense in ons onmiddellike omgewing, selfs gesins- en familielede van wie jy weet dat hul saak met die Here nie reg is nie?
Hoe is ons betrokke by die uitbreiding van God se Koninkryk op aarde deur ons gebede, finansiële en ander tipes ondersteuning?
Waarmee het die Here jou toevertrou en hoe kan dit die saak van die Koninkryk bevoordeel?
Hierdie is belangrike sake, wat kan tog daarmee vergelyk?
God wil ons almal gebruik. Daar is geen beperking aan wat Hy kan en wil doen deur ʼn lewe wat aan Hom toegewy is nie.
Afrika mag te groot en selfs bedreigend wees as ʼn visie maar wat van ʼn mantra wat getuig..”my kantoor/kollegas/familie/kinders/gemeenskap sal gered word”?
Die Here help my daartoe.


No comments:

Post a Comment