Thursday 10 May 2018

Moenie doekies omdraai nie.

Ek luister gister na een van die gereelde nuusuitsendings oor die radio. Daar word berig van meer as 100 munisipaliteite wat infinancial distress is.



Ek wonder waarom die mense nie duidelik sê dat die munisipaliteite se sake in wanorde, chaos, wanadministrasie ens. is nie. Dis ʼn mooi woord wat gebruik word. “Distress”. Dit maak die impak van die berig veel ligter en verbloem die ware feite. 

Ek wonder toe of ons nie ook maar dieselfde doen met die goed wat nog verkeerd is in ons lewens en samelewing nie. In stede daarvan om dit by die naam te noem verdoesel ons die ware aard van wat aan die gebeur is. ʼn Buite egtelike verhouding is ʼn skelmpie. Steel word gaps en lieg word iets anders. 
Ons sal nie vorder op die weg van heiligmaking as ons nie eerlik is met onsself nie.
Verkeerd is verkeerd. 

Ons kan God nie ʼn rat voor die oë draai nie. Beter om uit te roep, wee my ek is ʼn sondaar. Wees my genadig en gestadig te begin weerstand bied teen die verkeerde, eerder as om agter verskonings en verdoeseling van die ware feite weg te kruip. Dis oneerlik. 
Ook ek moet dit hoor. 

No comments:

Post a Comment