Tuesday 1 May 2018

ʼn Druppel op ʼn slag

By ons huis (die pastorie) is daar ʼn pypie wat vanaf die waterverwarmer (Geyser) na buite loop en die water wat kondenseer drupsgewys na buite stoot. Die plaveisel daaronder is altyd nat en ek het gewonder wat die kumulatiewe effek van die druppels sal wees as ek ʼn houer daaronder plaas. So gedink en so gedaan. Tot my verbasing was die houer binne ʼn relatiewe kort tyd oorlopens toe vol. Nou het ek ʼn bul grootte houer daaronder geplaas met ʼn kraantjie waaruit die gieter volgemaak kan word. Die houer dreig reeds om oor te loop. 



Een druppel op ʼn slag. 
Iewers het ek gelees, moenie die dag van klein dingetjies gering ag nie. Mens wonder somtyds of die bykans weglaatbare bydrae wat jy waar ook al lewer, in vergelyking met die nood daar buite, die moeite werd is. “Watter verskil kan ek tog maak” is die refrein wat ʼn mens telkens raakloop. 
Wel, ek het met my eie oë gesien dat ʼn volhoubare, konstante en voortgesette gedrup die wêreld se verskil maak.

Hou dus aan. Jy weet nie wanneer dit spreekwoordelik die laaste druppel is wat die houer volmaak nie.
Dis die laaste druppel wat vir die deurbraak sorg, gerugsteun deur volgehoue en getroue roepingsvervulling.
Jy maak ʼn verskil, ʼn reuse verskil, maar dan moet jy nie spoed verloor en op moed verloor se vlakte gaan sit nie. Wees getrou in die kleine, God sal jou beloon.

Ps. Ons splinternuwe stiltetyddagboek, Laat U Koninkryk kom, deur ds. Colin Smith, is pas beskikbaar.
Ons gebruik woorde maar verstaan nie die betekenis daarvan nie.

Koninkryk is een van daardie prominente Bybelse begrippe wat soms moeilik verstaanbaar is.
Tog is dit Jesus se boodskap van die begin van sy aardse bediening af.
Kom reis saam in ʼn beter verstaan wat Koninkryk van God, soos in die hemel, so ook op die aarde, beteken.
Skakel Drienie: 011 6652017  of besoek www.toekomsvenster.co.za

No comments:

Post a Comment