Friday 20 April 2018

Waaroor kla jy?

Daar is min dinge so vervelig soos om na iemand te luister wat sonder energie en oortuiging oorkom. Wie het nie al na so ʼn praatjie, preek of voordrag geluister het nie? Die vraag is of die persoon self dit wat hy of sy oordra glo.



Dit is eweseer waar vir die wyse waarop ons lewe. 
Ons lewenshouding, postuur, oë, woorde veral, verklik wat hier aan die “binnekant” aan die gebeur is.
Natuurlik gaan ons almal deur korter of langer periodes van worsteling en donkerte. Om dan steeds regop en “composed” op te tree is ʼn genadegawe.

Dit gaan darem nie altyd sleg nie. 
Daar is tye van balans en ewewig. 
Oor die algemeen gaan dit met die meeste van ons goed. 

As jy hierdie blog lees het jy ʼn selfoon of rekenaar. Jy het data en lugtyd. Jy kan lees en skryf, redeneer en verstaan. Jou oë en verstand werk. Jy het waarskynlik geëet en gaan dit weer doen vandag. Jy is geklee en in bevind jou in ʼn doelmatige struktuur wat skuiling bied. As jy by die “werk” is hét jy werk en het jy daar gekom. Jy sal darem laat middag by die huis kan kom.

O, jy het ʼn “huis”. Daar is waarskynlik iemand by die huis wat vir jou omgee. Die kinders maak jou “mal” maar jy het darem kinders.  

Jy weet van Jesus se liefde en omgee, glo sy Woord en behoort aan ʼn geloofsgemeenskap. Jy word nie (indien wel darem nie te erg nie) vervolg vir jou geloofsoortuiging nie.

Wat is jou verskoning?
Waarvoor die lang gesig?
Waaroor kla en mor  jy?

Ons behoort elke dag op ons knieë te wees in dankbaarheid vir God se onuitspreeklike genade.

Jy sê dis maklik vir my (Jannie)  om te praat. Ek ken nie jou omstandighede nie.
Dis waar. 
Maar God weet dit. 
“Man up”. 
Glimlag. 
Kry ʼn lewe. 
God het jou lief. 



No comments:

Post a Comment