“What you celebrate you become” preek Marius Higgens homself skoon uit asem uit.
Die Engelse sê..”profound”. Dis inderdaad “profound”.
Laat my dink aan die liedjie:
Celebrate Jesus celebrate
He is risen, He is risen
And He reigns for ever more.
Dink maar aan die gewone lewe. Die goed wat jy bewonder word naderhand deel van jou menswees. Bewustelik en onbewustelik begin jy aksente in jou lewe inkorporeer.
Dit geld veral mense vir wie jy besondere waardering voor het.
Vandat ek ʼn klein seuntjie was het ek die roeping gehad om eendag ʼn dominee te word. Ek onthou die Môregloed dae en ds. Munnik op die kansel. Die gebeure rondom die erediens het my aangegryp. As die dominee die kansel “bestyg” soos vanmelewe se dae het iets binne my vibreer.
Dis wie ek eendag moet wees!
Dis wat ek eendag moet doen!
Die gesagsvolle verkondiging van die Evangelie, ʼn vurige prediker, (ds. Willie Marais), mense wat reageer, dis die goed wat my verbeelding gaande gemaak het.
Ek het inderdaad eers ʼn draai in die onderwys gemaak waarmee die Here ook ʼn besondere bedoeling gehad het. Dis by Clapham waar ek die Here leer ken het. Dis deur Linda Oelofse dat ek by Hatfield Baptist en Pastor Ed Reibert uitgekom het. Gebedsaande op Saterdag, die saal tot kapasiteit gepak was iets nuut. Lof en aanbidding wat die hemel in beweging bring. Die gawes van die Gees.
Dis waar ek Robbie ontmoet het en hy my tot geestelike volwassenheid begelei het. Ure en ure saam gebid, gepraat, geleer.
Dis waar ek van Operasie Mobilisasie gehoor en ʼn jaar in die buiteland met sendingwerk besig was.
So het die een na die ander stukkie van die legkaart in mekaar begin pas tot op vandag, steeds besig met dit wat ek bewonder het en in die kerk waar ek grootgeraak het.
Inderdaad, dis nie die kansel en selfs die Evangelie nie, dis Jesus, die vergestalting van God wat my hart beweeg. Dis ook sy mense, oor kerkgrense en denkbeeldige mensgemaakte strukture.
Die Evangelie is die mooiste en mees aangrypende Boodskap wat ʼn mens kan verkondig.
Dis Goeie Nuus.
Dis merkwaardig mooi, beeldskoon en bewonderenswaardig.
Wat en wie bewonder jy?
Soos wie en wat wil jy algaande word?
Mik hoog.
Aardse modelle en maniere van dinge doen is maar bra oppervlakkig.
“Celebrate Jesus” en doen wat jy doen vir Hom.
Dankie vir die sharing. Ek sien al die effek. Waardeer BAIE.
No comments:
Post a Comment