Dis die eerste skooldag van 2018 en die wêreld is in rep en roer. Tussen berigte van duisende kinders wat nie geakkommodeer kan word nie is daar ʼn stroom motors op die pad na hul plek van keuse vir die opvoeding van hul kinders. So luister en radio net nadat ek Karlu ons kleinseun by die kleuterskool afgelaai het.
Vertel ʼn mamma van haar dogtertjie wat nie kon wag om by die skool uit te kom nie, eerste skooljaar van haar lewe. (Gister was klaarblyklik reeds “skool” vir die graad 1 en graad 8 kinders) Die dag het goed verloop en geen oproepe van die skool wat sê dat die jongeling onbedaarlik huil nie, inteendeel.
Toe die mamma haar liefding namiddag by die skool gaan haal vra sy uiteraard hoe die dag was. Die aanvanklike vreugde en verwagting het nou plek gemaak vir diepe teleurstelling. Nee sy is glad beïndruk met skool nie, sy was die “hele dag” daar en kan steeds nie lees en skryf nie.
Pragtige storie, groot waarheid.
You cant fast forward on life. It takes a lifetime.
Ons wil die kuns van lewe oornag bemeester maar dit werk nie so nie. Dis nie boeke kennis alleen nie, dis “on the job training”.
Die lewe is ʼn vakleerlingskap en daar is altyd nog ʼn module wat wag om voltooi te word. Meermale moet vorige modules weer deurgewerk word en ander word telkemale herhaal. Spreekwoordelik weer om die berg.
Die veral waar wat ons geestelike lewe betref sonder om ons lewens in kompartemente te verdeel. Ons is ʼn geïntegreerde geheel, liggaam, siel en gees.
Heiligmaking is ʼn proses en dit neem ʼn leeftyd.
Volmaaktheid word eers by die wederkoms ʼn werklikheid.
Tot dan is dit leer lees en skryf vir ʼn vale.
Dissipels van Jesus.
Here dankie dat ek kan leer.
Amen.
Ps. Help tog met die kinders wat nog nie by n skool ingeskakel kan word nie.
Groete
Jannie Pelser
No comments:
Post a Comment