Wednesday 15 July 2020

Donderdag nuuskommentaar - Ons is nie slagoffers nie

Die wêreld was seker nog nooit so gefokus op dieselfde saak as juis nou nie. Koerante en nuusberigte oor die radio en op TV hou die publiek op die hoogte van die nuutste infeksie syfers, van die hoeveelheid mense wat genees is en die hoeveelheid wat gesterf het. Die name van bekendes wat positief toets word sensasioneel gedeel en ook van bekendes wat gesterf het.

“The UN officially recognises 193 countries.
According to data compiled by Johns Hopkins University, more than 13 million people have been infected, and the global death toll is more than 578,000. More than 7.3 million patients have recovered. As of July 13 2020, only 12 countries have not confirmed any cases of COVID-19. Many of these countries are Pacific Island countries in Oceania”.



Die dood het nog nooit so naby aan ons gekom nie. Die dood is ʼn werklikheid waaraan niemand ontkom maar  Covid-19 herinner ons grafies en ontstellend aan ons eie vervaldatum. Dit is ʼn ontstellende tyd waarin ander nuus op die agtergrond raak en selfs irrelevant voorkom. Tog gaan die lewe voort en is een manier om sein te vind te midde van alles is om ʼn besliste keuse te maak vir die lewe. Die Bybel se ek hou aan julle lewe en dood voor. Kies vandag die lewe.

Ons is nog hier en ons gaan ons nie so maklik laat onderkry nie. Ons gaan ons roeping entoesiasties uitleef en nie toelaat dat die ure, dae, weke, maande of jare wat ons nog op moeder aarde is ingesluk word deur gevoelens van desperaatheid, angstigheid en vrees nie. Ons leef uit die hand van God. Hy spreek oor ons lewens die eerste en die laaste woord, nie Covid-19 nie.

My naam is in God se register opgeskrywe en dit is van meer belang as dat my naam dalk in die register van slagoffers van Covid-19 eindig. Daarmee saam is en bly Hy die God van die onmoontlike. Ons bid derhalwe dat ʼn teenmiddel gevind word wat vinnig en doeltreffend oor die hele aarde versprei kan word.

Stel jouself dit voor dat wetenskaplikes en medici more aankondig dat iets wat algemeen beskikbaar is die virus effektief kan afweer. Twee slukke Worcestersous of drie eetlepels grondboontjie bottel. `ʼn Koppie warm rooibos tee met drie tiemie blaartjies daarin of ʼn slukkie Old Brown Cherrie wat goed gegorrel is voordat dit met genoegdoening ingesluk word.

O ja, alkohol is vir eers weer van die rakke af. So hartseer dat miljoene mense, duisende besighede, broodnodige inkomste wat die staat sou toeval ens, ontbeer moet word omdat Suid Afrikaners se dors so groot is. Honderde restaurante se voortbestaan is op die spel, die gasvryheidsbedryf is besig om in te plof en wyn produsente maak die deure toe.

Dit is eenmaal so dat die selfsugtige optrede van ʼn aantal belhamels die res van die bevolking straf. Ons geagte minister van polisie Beke Chele  verklaar stellig, as jy dan wil drink en bestuur, trek jou motor in die motorhuis, maak die deur toe en sit in jou motor en drink.

Nee Suid Afrika, ons moet groot word. Ons is veronderstel om ʼn Christelike nasie te wees maar die telkaart getuig teen ons.

Moet kinders skool toe of nie is eweneens weer sterk op die tafel. Dinge het uiters kompleks geword en ons owerheid het hemelse wysheid nodig. Ons moet gereeld vir belanghebbendes bid.

Ek moet erken dat ek ook af en toe effens negatief raak met die status quo. Daar is nie eenvoudige antwoorde nie. Ons het voor ʼn misterie te staan gekom en weet nie hoe ons dit moet verklaar nie.

Jesaja 7:9 help my sommer baie in die sin dat ek my persoonlike prioriteite weer moet regkry. God eerste in alles.
If you do not stand in faith you will not stand at all.

Geloof beweeg berge, doen die onmoontlike.
Nothing has changed.
He is still God.
He is not intimidated by whatever crisis we face on earth.

He is here and there and everywhere. He is Emmanuel, God with us. He is present  in wards where people are treated, He is present  in intensive care where people are fighting for their lives, He is at the grave side where mourners gather.

Covid does not speak the last word, not now, note ver. Jesus is the beginning and the end, Alpha and Omega, eternal One.

Sê Covid vandag die stryd aan. Get a new mindset. I am not an victim. I am more than a conquerer through Christ Jesus who strenghtens me.

Go tell it on the mountain
Over the hills and everywhere
Go tell it on the mountain
That Jesus Christ is Lord

Groete

Jannie Pelser
Organiseerder
ToekomsVenster

No comments:

Post a Comment