MARKUS 1:35
Die môre vroeg, toe dit nog nag was, het Hy opgestaan en buitentoe gegaan na 'n eensame plek en daar gebid.
Ons is te besig! Punt.
Dis nie hoe die Here dit bedoel het nie. Punt!
Wat dryf ons om elke bewustelike oomblik van die dag vol te prop met aktiwiteit? Ons het die kuns verloor om net mens te wees?
Ons skakel nie af nie, maak nimmereindigende lysies van goed wat gedoen moet word maar kom nie by die helfte uit nie. Op enige gegewe stadium is ons lewens dae agter.
Ons kuier maar ons gedagtes is in die studeerkamer.
Ons bid maar die take van die dag wag en bombardeer ons terwyl ons probeer konsentreer.
As iemand vra hoe dit gaan is die standard respons, “net besig en baie moeg”.
Dit klink nie soos lewe en oorvloed nie!
Dit klink soos ’n oordadige besigwees wat eerder ons spoed en “prestasie” negatief beinvloed as bevorder.
Waarheen is ons dan op pad?
Het ons vergeet dat hierdie wêreld nie ons ewige tuiste is nie? Dat ons ’n ander adres, permanent en volmaak aan die “anderkant” het?
Toegegee, die lewe is duur en intens kompiterend.
Werk is skaars en ’n mens moet die geleenthede uitkoop.
Jy wil graag aan jou huismense die beste gee.
Die vraag is inderdaad wat die beste behels?
Nog ’n videospeletjie of tyd met mekaar rondom die etenstafel?
Nog ’n selfoon of saam besig wees met ’n projek wat iemand anders se lewe sal raak?
Nog ’n bevordering of minder stress en meer lewensvreugde?
Kom weg saam met my, sê Jesus vir sy dissipels. Die geestelik honger skare sak op hom toe maar Jesus onttrek na ’n eensame en stil plek.
Daar is ’n tyd vir alles, redeneer Jesus, maar dit is nou tyd vir tot verhaal kom, met my Vader konnekt, noodwendige slaap inkry, gesond eet en vars lug inasem.
Jy kan net gee wat jy het.
Die suurstofmasker moet somtyds net eers op jou gesig voor jy iemand anders kan help asemhaal.
Werkoliste verraai meer as wat hulle (ons, ek) dink. Mense mag beindruk wees maar die Here sien verder.
Die vraag weeereens, waarom en waarna jaag jy?
Waarvan vlug jy?
Wie prober jy beindruk.
Die offer wat Jesus gebring het, is volmaak volledig. Jy kan daar niks byvoeg nie.
Minder self meer van Hom.
Minder fisiese inspanning en meer Gees dinamiek.
Minder stress en meer vertroue.
You are a Human being
Not a Human doing.
Kyk weer ’n slag na jou dagboek.
Is dit regtig nodig?
MARKUS 6:31
Daar was baie mense wat gedurig gekom en gegaan het, sodat Jesus en sy dissipels selfs nie kans gehad het om iets te eet nie. Hy sê toe vir hulle: “Kom julle alleen saam na 'n stil plek toe en rus 'n bietjie.
No comments:
Post a Comment