
Almal is gereed om dood te gaan totdat dit spreekwoordelik aan jou deur klop. Skielik is jy nie meer so opgewonde oor die idee nie. Toets jouself. Hoe dikwels se jy nie dat jy nie kan wag om by Jesus te wees nie maar wanneer die gevaar aan jou deur klop dink jy skielik anders daaroor.
Ai, die mens darem. So plooi ons die lewe soos dit ons pas.
Die dood is ʼn werklikheid waarmee ʼn mens moet reken. Dit is die een afspraak wat niemand op aarde mis nie.
Met die werklikheid in gedagte antwoord Braam Klopper more op die volgende vrae
- Is daar lewe na die dood en hoe weet ʼn mens?
- Wat sê die Bybel oor die lewe na die dood?
- Is daar ʼn ander werklikheid benewens “lewe” na die dood?
- Waarmee gaan ons onsself besig hou?
- Hoe maak ʼn mens vrede met hierdie werklikheid en die angstigheid oor die ongenooide gas?
- Hoe berei ʼn mens jou voor vir die lewe na die dood?
- Hoe kry ʼn mens afsluiting wanneer ʼn geliefde jou ontval het?
Moenie misloop nie.
Dis van lewensbelang.
No comments:
Post a Comment