Thursday, 25 October 2018

Aktueel - Donderdag 25 Oktober 2018

Behalwe Paulus wat gesê het dat hy alles vir almal is, kon niemand nog ooit daarin slaag om almal op een slag tevrede te stel nie. Dit is sekerlik waar van mnr. Tito Mboweni se voordrag gister toe hy sy medium termyn begrotingsvoordrag gelewer het.

Die gemaklike manier waarop hy met die taak voorhande, klaarblyklik bykans sonder notas, netjies en berekend en met gesag oorgedra het, het beindruk. Die mooi, en soms humoristiese, aanbieding en wyse waarop hy die gehoor ingetrek het, was ’n vars bries.



Die erkenning dat Suid-Afrika by die sg. “crossraods” is en die oproep uit Jesaja 58 dat die ruines herbou moet word, maak ’n mens sommer opgewonde oor die toekoms. Ek reken dat hy en mnr. Ramaphosa se duidelike uitgesprokenbheid oor staatskaping, die vermorsing van bronne, onbeholpenheid en verwante sake, belofte inhou. Selfs twee, drie jaar gelede sou ’n mens met die korrupte leiding van mnr. Zuma nie ‘n woord daaroor gehoor het nie.

Dit voel asof daar ’n dag vir Suid Afrika aangebreek het en dat die winde van verandering begin waai. Die bewys dat Suid-Afrika daadwerklik op ’n nuwe pad is, sal wees wanneer korrupte amptenare sonder aansien des persoon verantwoordelikheid aanvaar vir hul wandade. Ek dink daar is soveel skuldiges dat ’n splinternuwe gevangenis net vir hulle gebou sal moet word. Liefs een soos Alcatraz wat geen ontsnapkans bied nie.

Daar is ’n tyd vir alles leer die prediker ons. Daar is ’n tyd vir vat wat nie joune is nie en ’n tyd vir teruggee en betaal vir wat jy verkeerd gedoen het. Ek mag onbarmhartig klink maar vir Jan en Alleman is daar geen uitsondering nie. Daar is geen rede dat politici anders behandel moet word nie. Suid-Afrika smag na ’n nuwe dag. Dinge mag dalk nie oornag verander nie maar dit is duidelik dat die Here aan die werk is. Psalm 121 troos as die Here ons verseker dat Hy nie sluimer of slaap nie.
Ongelukkig laat beelde van die blatante en misdadige plundering van infrastruktuur, ander se eiendom asook besighede van vreemdelinge ’n slegte smaak in die mond. Gisteraand se beeldmateriaal op TV-nuus van hoe ’n klein dorpie in die Vrystaat, Koffiefontein, geplunder en verniel word laat my sukkel om my emosies onder beheer te hou.

Dat dienslewering ’n enorme krisis is en plaaslike owerhede oor die algemeen skandelik faal om hul verantwoordelikheid na te kom, is inderdaad so. Toegegee dat die meeste van ons die impak van swak dienslewering nie beleef nie, wat ons dalk blind en doof maak vir die ongemak en worsteling van mense op grondvlak, veral die sg. informele woonbuurte. Om nie lopende water, elektrisiteit, strate en riolering te hê nie is so argaies as kan kom. Geen beskaafde land behoort sy inwoners daaraan bloot te stel nie. Ongelukkig is dit so, maar die vernielsug wat met ongelukkigheid gepaard gaan, maak net nie sin nie. Miskien baat dit sekere belangegroepe om mense oningelig en wat dit betref,onopgevoed te hou.
Die gebedsaamtrek wat duskant Pretoria gehou word, is ’n bewys dat God nie met ons opgegee het nie. Dis is verder ’n aanduiding dat mense weet waar om hulp te soek. Mag die wind van die Gees sterk waai oor daardie byeenkoms en mag die verandering helder en duidelik demonstreer word wanneer gelowiges vanuit daardie byeenkoms terug gaan na hulle gemeenskappe om sout en lig te wees. Die klein dorpie Coligny is ’n sprekende voorbeeld van wat kan gebeur as mense saamstaan en die kerk sy versoenende en helende invloed begin uitoefeen.
Die lied Courageous van Casting Crowns help my om te verstaan wat God van ons vra in ’n tyd soos hierdie. Enersyds die bekentenis dat ons die opdrag versuim het, maar andersyds ’n nuwe verwagting dat met God alles moontlik is.

We were made to be courageous
We were made to lead the way
We could be the generation
That finally breaks the chains
We were made to be courageous
We were warriors on the front lines
Standing, unafraid
But now we're watchers on the sidelines
While our families slip away
Where are you, men of courage?
You were made for so much more
Let the pounding of our hearts cry
We will serve the Lord
We were made to be courageous
And we're taking back the fight
We were made to be courageous
And it starts with us tonight
The only way we'll ever stand
Is on our knees with lifted hands
Make us courageous
Lord, make us courageous

This is our resolution
Our answer to the call
We will love our wives and children
We refuse to let them fall
We will reignite the passion
That we buried deep inside
May the watchers become warriors
Let the men of God arise
We were made to be courageous
And we're taking back the fight
We were made to be courageous
And it starts with us tonight
The only way we'll ever stand
Is on our knees with lifted hands
Make us courageous
Lord, make us courageous
Seek justice
Love mercy
Walk humbly with your God
In the war of the mind
I will make my stand
In the battle of the heart
And the battle of the hand
In the war of the mind
I will make my stand
In the battle of the heart
And the battle of the hand
We were made to be courageous
And we're taking back the fight
We were made to be courageous
And it starts with us tonight
The only way we'll ever stand
Is on our knees with lifted hands
Make us courageous
Lord, make us courageous
We were made to be courageous

Lord, make us courageous

No comments:

Post a Comment