Ek is so ongedissiplineerd wanneer dit by “passwords” (wagwoorde) kom. Deesdae het bykans alle korrespondensie en adresse waarmee jy wil kommunikeer ʼn wagwoord. Sonder die wagwoord bly jy buite staan.
Nadat jy vir die hoeveelste keer die verkeerde wagwoord ingetik het volg jy die leidraad wat jou uitnooi om ʼn nuwe te skep, net om dit weer te vergeet. Ja, ek weet al die voorbeeldige mense sal my onmiddellik kapittel en aansê om ʼn aantekening daarvan te maak.
Skuldig, ek doen dit nie gereeld nie.
Skuus!!
Wagwoorde gee toegang.
In oordragtelike sin is daar ʼn Wagwoord wat ons toegang gee in die teenwoordigheid van ʼn merkwaardige Vader. Dis die naam van sy Seun, Jesus Christus.
Eie verdienste bring jou niks nader nie. Ons beste dade is soos ʼn wegwerplike kleed lees se die Bybel.
Ons is skuldig aan rebellie en hoogverraad. Dis die wese van die sonde. Lig en duisternis het met mekaar geen gemeenskap nie.
Dank God vir sy genade. Dis onbeskryflik groot.
Jesus is die weg, die Waarheid en die Lewe.
Hy is die Wagwoord.
Beroep jou op die volmaakte prys wat Jesus betaal het. Kom na die Vader in sy Naam. Deur sy bloed is ons skoon gewas en staan ons as sondelose mense in die teenwoordigheid van die Vader. Totaal geregverdig ( reg met God)
Groete, Jannie Pelser
No comments:
Post a Comment