Wednesday, 22 August 2018

Tweet tweet, my storie is uit.



Sosiale media is ʼn wonderlike gawe aan mense. Die behoefte om te kommunikeer en met ander in verhouding te staan is bekend. No man is an island (John Donne) word gesê. Albert Schweitzer “You don't live in a world all alone. Your brothers are here too. 

Dit is so dat kommunikasie sosiaalmedia gewys oppervlakkig en onpersoonlik mag wees maar ten minste gebeur daar iets. Ek dink die wins is groter as wat ons mag verloor.
Een van die gevare is egter dat ons mank gaan aan sosiale media geleerdheid en intelligensie. Dit gebeur keer op keer dat mense hulself in gevaarlike vaarwaters beland omdat hulle halsoorkop ʼn mening gewaag het oor ʼn saak sonder om dit behoorlik te bedink. As die inskrywing eers sy loop geneem het is die skade gedoen. Dit mag slapelose nagte en baie stres beteken maar dit is te laat. Dit is veral waar m.b.t persoonlike inligting wat op daardie platvorm gedeel word.

Daar is sekere goed wat in dik letters privaat geëndosseer behoort te word. Wat tussen jou en jou geliefde gebeur is regtig net vir julle oë bedoel.
Die gestryery tussen jou en ʼn kollega moet tussen julle twee uitsorteer word.
Die appeltjie wat jy met ʼn diensverskaffer te skil het moet liefs via ʼn verbruikersraad of prokureur aangespreek word.

Dit is veral waar mbt die politieke onsekerheid wat ons tans beleef. Sommige mense gee vrye teuels aan hul frustrasie. Hulle druk hul in geen onsekere terme uit nie en dra gewis by tot die polariserende effek wat sulke dialoog tot gevolg het. 

Dis ʼn wrede werend waarin ons leef. Mens moet jou woorde tel. Dit is nog meer belangrik as ʼn mens in ag neem dat die eer en integriteit van die Here op die spel is. Die wêreld is gou om Christene te verwyt oor die dinge wat hulle doen en se. Dubbele standaarde geld. 
Die Woord sê ons kommunikasie moet met sout besprinkel wees. 

KOLOSSENSE 4:6
Laat julle woord altyd aangenaam wees, met sout besprinkel, sodat julle kan weet hoe julle iedereen moet antwoord.

Jakobus waarsku teen die vernietigende mag van die tong. 
JAKOBUS 3:5
Net so is die tong ook ’n klein lid en beroem hom op groot dinge — kyk hoe ’n groot hoop hout steek ’n klein vuurtjie aan die brand.

Dis weliswaar nie die tong wat tik nie maar ek is seker die tong beweeg terwyl jou vingers die werk doen.
Dis kommunikasie van die hart. As jy dan iets moet bydrae laat dit van die stylvolle gesindheid van Jesus getuig.

Die liefde bedek baie sondes. (1 Petrus4:8)

No comments:

Post a Comment