Ons leef in ʼn wêreld wat ongekende eise aan mense stel. Moedeloosheid is aan die orde van die dag. Mense is moeg en oorlaai, baie is kwaad en ontwrig, ander gee net nie meer om nie.
Slegte nuus rol soos water van ʼn eend se rug af, daar is min wat nog kan ontstel, ons het dit alles gehoor.
Suid Afrika, trouens die wêreld, is aan die brand.
Los my uit, ek wil niks weet nie.
Dalk ook nie van God nie want deel van my frustrasie is die wyse waarop God aan my voorgehou word.
Bykans genadeloos, ongenaakbaar en onvriendelik.
Foutvinderig en nooit tevrede nie.
Ek gee nie genoeg nie, lees en bid nie genoeg nie, getuig nie genoeg nie, ondersteun nie genoeg nie.
Dis ʼn ondraaglike las om dra, al die vereistes en verwagtinge en ek is net een mens.
Ek doen so goed ek kan en basta.
`Skuus dat ons God se aangebied het. Hy sê dan sy las is lig en sy juk is sag.
Hy nooi dan uit na waters waar rus is en groen weivelde.
Hy vra nie maar laat my aansit.
Hy stel nie eise nie maar gee beloftes.
Ja, die wereld het God broodnodig maar dan die God van hoop, omgee, liefde en genade.
Nie nog ʼn afranseling, skrobbering of dissiplinêre verhoor nie.
Ps. 16 is die getuienis van iemand wat by God tuisgekom het.
“Ek het die Here altyd deur by my.
Omdat Hy by my is sal ek nie struikel nie.
n Pragtige deel is vir my afgemeet.
Wat ek ontvang het is vir my mooi”.
“Kom ondervind en sien dat die Here goed is.
Dit gaan goed met die mens wat by Hom skuil”. ( Ps. 34)
Haal diep asem en ontspan.
Hy gee wat Hy vra.
Ps. “Deel” as dit vir jou vandag iets beteken.
No comments:
Post a Comment