Pick a Pay
Ek het die voorreg om met verskillende mense in aanraking te
wees. Een van die hoogtepunte in my week is die interaksie met ʼn aantal
gestremde mense wat naaldwerkvaardighede aanleer.
Vanoggend besoek ek hulle weer en lees uit Psalm 16. Die Message
vertaling is aangrypend –
1-2 Keep me safe, O God,
I’ve run for dear
life to you.
I say to God, “Be my Lord!”
Without you,
nothing makes sense.
Die Psalmdigter getuig dat niks in die lewe sin maak as die
Here nie deel is daarvan nie. Die lewe is doelloos en leeg sonder God. My
toehoorders is dit eens dat die Psalmdigter dit reg verstaan.
Die volgende vers is eweneens betekenisvol
5. My choice is you, God, first and only.
And now I find I’m
your choice!
Die digter wil vir ʼn oomblik roem in die keuse wat hy glo hy
vir die Here gemaak het net om uit te vind dat God hom (eerste) gekies het. Dis
goeie teologie. Ons kan niks en is niks sonder God nie. Dis suiwer genade dat
ons by die Here uitgekom het. Sy verkiesende genade het ons ingetrek naby aan
sy hart.
Ons kuier gesels oor die betekenis van die verse. Een van
die dames merk op. Dis soos Pick ʼn Pay. He picked us and paid for us.
Inderdaad. Die Evangelie op advertensieborde. Hy het dit
alles gedoen. Gekies en daarvoor betaal. Twee keer syne.
Wonder of hierdie realiteit tot jou deurgedring het?
Jannie Pelser
No comments:
Post a Comment