Ek is ʼn dapper muis
Ons almal ken die storie van die dapper muis. Met bravade verkondig
hy sy gewaande dapperheid totdat hy met die geringste gevaar gekonfronteer
word. Skielik is die bravade iets van die verlede behalwe vir die goed waarmee
hy nog nie gekonfronteer is nie.
Ons ken ook die kinderrympie “allenig moet ek bed toe gaan”.
Die groot verrassing is dat die gewaande bedreiging geen gevaar inhou nie (my
eie jas aan die kapstok).
Daar is soveel perspektiewe op vrees.
Enersyds se Job wat hy gevrees het, het ʼn werklikheid
geword. JOB 3:25
Wat ek gevrees het, het oor my gekom; waarvoor ek bang was,
het my getref.
Mens kan aan jou vrese soveel aandag skenk dat dit later in
jou lewe begin manifesteer.
Aan die anderkant se mense niks van wat ek gevrees het het
toe gebeur nie. Dit was energie wat vermors is op denkbeeldige gevare. Drogbeelde
sonder enige inherente gevaar (soos my eie jas aan die kapstok)
Waarvoor is jy bang?
Iemand sê daar is 366 tekste in die Bybel wat
ons maan om nie bang te wees nie. Een vir elke dag en een ekstra vir die
skrikkeljaar. Ek het dit nie self getel nie maar dit is inderdaad so..die Bybel
is vol van oproepe om nie te vrees nie.
Josua op die vooraand van die inbesitname van die beloofde
land hoor duidelik, “moenie bang wees nie”. JOSUA 1:9
Ek self gee jou die opdrag. Wees sterk, wees vasberade.
Moenie skrik nie, moenie bang wees nie, want Ek, die Here jou God, is by jou
oral waar jy gaan.
Aan die anderkant is dit juis die vrees van die tien
verspieders ( teenoor Josua en Kaleb se onwrikbare vertroue dat God by magte is
om te doen wat Hy belowe het ) wat die volk in hul spore laat omdraai. Veertig
verspilde jare, ʼn hele generasie moes uitsterf voordat God sy belofte kon
uitvoer.
Watter rol speel vrees in jou lewe?
Staan jy bang op en gaan slaap jy bang?
Beskryf die woordjie bang jou lewenshouding?
Toemaar, dis van die meeste mense waar.
Ons verbloem ons vrese agter ʼn glimlag en ons maak asof ons
in beheer is maar binne woel dit.
Die Bybel verseker ons van die teenwoordigheid van ʼn
Almagtige en alomteenwoordige God vir Wie niks te moeilik is nie. Hy bemagtig
ons met die Heilige Gees sodat ons uitdagings waarvan daar baie is die hoof kan
bied. Sy Woord is verbysterend bemagtigend ..lees en dink daaroor na..
Jes. 41:13 13
Ek is die Here jou God, Ek vat jou hand, Ek sê vir jou:
Moenie bang wees nie, Ék help jou.
Wow!
Wat meer het ons nodig?
Dis asof die Here sê “as Ek dan met jou is ( Rom.8:31 God
is vir ons) moet dit nie eers oorweeg om bang te wees nie” (Don`t you dare
being afraid)
Dis hoe ek hierdie jaar wil lewe. Sonder vrees.
En jy?
Here dankie dat U alle vrees oorwin het. Die graf is leeg.
Amen
No comments:
Post a Comment