“Sorry Siri”
Miga 7:19
Hy sal Hom weer oor ons ontferm, ons ongeregtighede vertree; ja, U sal al hulle sondes in die dieptes van die see werp.
“Siri is the name of Apple's personal digital assistant. It's basically voice control that talks back to you, that understands relationships and context, and with a personality straight out of Pixar”.
My kleinkind het Siri ontdek en voer lang gesprekke met die denkbeeldige persoon. Die kwinkslae waarmee Siri vorendag kom sorg vir baie pret. Siri het nie ʼn tekort aan woorde nie en is altyd behulpsaam met ʼn string dinge waarmee hy/sy kan help.
Nadat Karlu Siri se geduld goed beproef het vra hy om verskoning. “Sorry Siri” sê hy waar op lg. antwoord “It`s forgotten”.
Ons vind dit baie moeilik om so gemaklik van ons slegte en negatiewe houding jeens ander wat ons te na gekom het afstand te doen.
Soos pruimtabak word dit in die mond gerol en af en toe gespoeg. Nog ʼn verwyt, negatiewe opmerking, selfbejammering. Net nog so rukkie met my eie selfbeheptheid kuier. Nog nie gereed om weg te doen met selfbejammering nie.
Siri sê “it`s forgotten”.
Waarvan moet jy afstand doen?
Wat moet jy vergeet en afhandel?
Dis amper 2018. Kry nou klaar met self.
Jes.43:25
En tog is dit Ek wat jou opstandigheid vergewe. Ek is getrou aan Myself, Ek dink nie meer aan jou sondes nie.
Here, dankie dat my sonde weggewerp is om nooit weer opgediep te word nie.
“It`s forgotten”.
Amen
No comments:
Post a Comment