All
I want for Christmas
Wonder
of julle die oulike liedjie ken..”all I want for Christmas is my own front
teeth”. Te dierbaar.
Wat
wil jy vir kersfees “hê”?
Dalk moet ons die
vraag omkeer. Wat wil kersfees van jou en my hê?
Wat het kersfees
klaar aan ons gegee en kan ʼn mens meer vra as dit?
“Ek was verlore
maar deur sy bloed is daar nou vrede in my gemoed”.
Vertel iemand!!
Kersfees reg
verstaan gaan oor gee. Dis wat die grootste Kersgeskenk kom doen het. Hy het
gegee, sonder reserwe, sonder om iets terug te hou en sonder om iets op te eis.
Ons sê “niks vir
niks” nie.
As iets sonder ʼn
prys kom is dit verdag. Daar is baie mense wat met ʼn slapriem gevang word. Gou
rykword skemas. Iewers boomerang dit. As dit te goed is om waar te wees is dit
heel waarskynlik nie waar nie.
Die Evangelie is
bykans te goed om waar te wees.
Heelheid,
genesing, nuwe lewe.
Gratis en
verniet.
Liefde onbeperk,
ʼn kans om te lewe, vrede met God, wie kan dit verklaar?
Maar Kersfees vra
wel iets van my.
Agterna. Nadat
Kersfees gegee het.
Nie as voorwaarde
nie maar as noodwendige konsekwensie.
Dankbaarheid.
Doodgewone
dankie.
Dankie leef.
Dankie gee.
Dankie getuig.
“Freely you have
received, now freely give. Go in my Name and because you believe, others will
know that I am.
Gebed
Here, so baie
dankie dat U gegee het.
Ek ontvang by hernuwing
Ek gee dankbaar.
Amen
Ps.
Die Mannedagboek
(Manne van die Woord) is ʼn absolute móét hierdie kerstyd.
Gee dit.
By CUM
Wat van ʼn twaalf maande bederf?
Ontvang elke
maand ʼn geestelike boek, CD, DVD, tydskrifte, dagboek, twaalf keer per jaar
Plus ʼn
verjaardaggeskenk
Plus ʼn bonus as
jy iemand suksesvol verwys
Slegs R149 per
maand
Sms Geskenk aan
0649948072 of skakel Yolande
No comments:
Post a Comment