Carpe diem
PSALMS 47:8
God is koning oor die hele aarde; sing vir Hom 'n lied
Dié bekende uitdrukking, gryp die dag, is ʼn uitnemende vertrekpunt vir die lewe.
Ons het net vandag. Gister is water onder deur die brug en geen worsteling sal dit terugbring nie. Dit mag nodig wees om op jou spoor terug te gaan en reg te maak wat jy verbrou het, indien van toepassing. Somtyds is die kans vir altyd verby en moet ʼn mens leer om jouself en ander te vergewe en aan te gaan met die lewe. Vashaak gaan niks help nie, jy plaas net jou lewe op hou.
Vandag is wat ons het, eintlik niks meer as die oomblik nie. Die duiwel staan gereed om dit te steel. Hy steel die oomblik wanneer ons so in die verlede of toekoms leef dat die hier en nou by ons verbygaan.
Gryp die dag, gryp die oomblik. Haal diep asem, kom tot rus. Bely, rus my siel jou God is Koning.

No comments:
Post a Comment